Aksiegroep is hard aan die werk

 

Aksiegroep is hard aan die werk

Posted by VLV in News, Wellington Tak 21 Jun 2018

 

Sirkel: Paarl

Tak: Wellington

Portefeulje: Openbare Sake

Beriggewer: Karen Barnard

Datum: 21 Junie 2018

 

 

Die Openbare Sake dames het gesorg vir ‘n heerlike insiggewende wintersoggend.

 

Francois Theron van Aksiegroep en Stop- misdaad, Wellington, het met die dames kom gesels.  Vir die ontwikkeling van ‘n gemeenskap is die volgende boublokke nodig:

 

  1. Openbare deelname- Mense moet leer om saam te werk en besef alles is nie ‘nkompetisie nie. Te veel individuele organisasies wat vir hulle eie gewin dinge doen. Jy is nooit te oud om iets nuuts te leer nie.
  2. Sosiale leerproses- Doen dinge saam en deel kennis.
  3. Bou kapasiteit- Elkeen se bydrae maak ‘n verskil en mense leer bymekaar.
  4. Volhoubaarheid- Projekte begin klein, met onmiddellike resultate. Mense assosieer daarmee en so kan dit groei.

 

Stop-misdaad projek bereik reeds 4000 mense deur sosiale media. Vrywillige assosiasies

en dames is aangemoedig om deel te word en so ook te help om Wellington ‘n veiliger plek te maak.

 

Elkeen se bydrae in ons gemeenskap is belangrik.

 

 

 

 

Dames is verder bemagtig met kennis oor ‘n gesonde leefstyl en Rooibosprodukte deur Thea Kritzinger.

 

Die dames kon huis toe gaan met die wete dat hulle ‘n verskil kan maak in hulle gemeenskap en in hulle eie lewe.

 

Post a comment

twenty − 10 =