Afsluiting: Strand

 

Afsluiting: Strand

Posted by VLV in News, Strand Tak 22 Nov 2017

Sirkel: Kaapstad

Tak: Strand

Beriggewer:  Annemarie Skibbe

Datum: 21 November 2017

 

Prysuitdeling en Kersvergadering.

 

Daar het ‘n  feestelike stemming by Strand se jaarlikse  Prysuitdeling geheers. Ons was gelukkig om 3 van ons erelede teenwoordig te hê en ook ons Sirkelpresident.

 

Hier sit Maretha Badenhorst (erelid en vorige voorsitter), Rina Kotze (Sirkelpresident), Rita Franszen (erelid , vorige Sirkelpresident en vorige takvoorsitter) en Arvida Lincoln (erelid en 99jaar oud) . Ongelukkig was  Helena Bresler(erelid) ongesteld en kon sy nie die vergadering bywoon nie. Rita het ook haar 91ste verjaarsdag op hierdie dag gevier.

 

Strand Tak is geseënd met uitstekende beoordelaars . Hier ontvang hulle elkeen ‘n geskenkie en ‘n botteltjie konfyt om hul te bedank . Van links na regs staan : Amelia Louw, Lina Malan, Jossie van Schoor, Ria Hattingh (sittend) Marianna de Villiers, Elsabè Dreyer en Andrew Alberts.

 

Berna van Heerden (70jaar lidmaatskapknopie)  Arvida Lincoln (75jaar) en Gail Buys, Sekretaris.

 

45 jaar lidmaatskapknopies: Gail Buys, Marianna de Villiers en Louisa Höll

 

Ons staatmakers vanjaar wat trofeë ontvang het, was Annaleze Sieberhagen vir meeste punte in Kookkuns.  Hannetjie du Plessis was die Naaswenner met die tweede hoogste totale aantal punte. Sy het ook die trofee vir die meeste punte in Naaldwerk en Kunste ontvang.

 

Yvonne Swart was die wenner met die hoogste totale aantal punte . Yvonne het ook die trofeë ontvang vir die meeste punt in Blommekuns, Handvlyt, Iets uit Niets en Landbou. Sy het voorwaar hard gewerk en is ‘n staatmaker van formaat!

 

Ons trots in die swembad.  Marie Roux het uitstekend presteer as senior swemmer en Springbok kleure verwerf.   Erna de Waal oorhandig ‘n geskenk aan haar.

Post a comment

sixteen + 17 =