‘African Rosella’

 

‘African Rosella’

Posted by VLV in Prieska Tak 10 Jun 2015

Sirkel:   Noordwes-Kaap

Tak:  Prieska

Portefeulje:  Leefstyl

Beriggewer:  Erika Lubbe

Datum:  10   Junie 2015

 

 

’n Verteenwoordiger van Dulux het baie interessante wenke en die verskillende gebruike van Dulux-verf gegee, o.a.:

 

  • Bêre oortollige verf in ’n plastiekemmer met ’n deksel wat dig sluit. Plaas ’n lagie plastiek direk op die verf wat dit volledig bedek en sit die deksel op wat dig sluit. Die verf sal dan nie ’n harde lagie vorm nie.
  • In plaas van duur swartbord verf te gebruik, kan swart akriel verf gebruik word. Verf ’n laag met die akriel verf en as dit droog is, vee met ’n nat Coke-lap af en laat dit goed intrek. Dit werk net so goed soos die swartbord verf!
  • Om krake in ’n muur te verdoesel en toe te maak: Vul die krake met vuller. Neem ’n sykous met min of meer dieselfde kleur as die verf en druk dit in en oor die kraak en verf dan bo-oor die sykous. Laat die verf 2 uur lank intrek en verf weer oor die sykous. As die verf droog is, sal die kraak en die sykous onsigbaar wees.
  • Gebruik suikerseep om vetterigheid of enige vuiligheid van ‘n muur te verwyder voordat dit geverf word.

 

 

Anina van Tonder van George het vertel dat sy tydens ’n kuier by haar dogter in Australië met die plant, African Rosella of die Wilde Hibiscus/Hibicus Sabdariffa, kennis gemaak het.

 

 

Prieska VLV - African Rosella nr. 2 (Custom)

 

 

Dit is ’n eenjarige somerplant waarvan sy 100g van die saad van Australië ingevoer het en dit geplant het. Die oesseisoen strek van begin Februarie tot einde Mei. Die saadkapsule word met die hand geoes en dan ingelê. Die saadkapsule lyk soos ’n blom en is so mooi dat dit die blom van die plant genoem word.

 

 

Prieska VLV African Rosella as eetbare versiering op maaskaastertjies

 

 

Die blom of te wel die saadkapsule kan met soet- of southappies bedien word. Anina het vir elke lid teenwoordig klein maaskaastertjies voorgesit wat stukkies van die Wilde Hibiscus-blom in die beslag bevat het en ook as ’n treffende versiering bo-op die tertjies gebruik is.

 

 

Anina het die ingelegde blom/saadkapsule van die African Rosella te koop aangebied.

 

 

Prieska VLV- African Rosella (Custom)

 

Post a comment

eighteen + 4 =