Aberdeen VLV Onthaal Tuis

 

Aberdeen VLV Onthaal Tuis

Posted by VLV in Aberdeen Tak 10 Jun 2015

Sirkel:  Middelland

Tak:  Aberdeen

Portefeulje:  Leefstyl, Kunste en Handvlyt

Beriggewer:  Lea van der Vyver

Datum:  10 Junie 2015

 

 

Woensdag, 10 Junie 2015 vergader Aberdeen VLV weer in die klubsaal op dié dorp.  Die vergadering word geopen deur Lea van der Vyver, met ‘n boodskap wat fokus op selfbeeld en die feit dat ons soms so min van onsself dink.  As ons egter God se Woord lees, besef ons dat Hy ons wonderbaarlik geskape het, ons onvoorwaardelik liefhet en jubel oor ons.  Ons mag dus nie ‘n swak selfbeeld hê nie – ons moet die lewe voluit aangryp.

 

 

1. Tanning (Custom)

Heidi Lombard aan die woord

 

 

Heidi Lombard verduidelik haar nuutste besigheid – sonbruin wat aangespuit word – veilig en maklik in die gerief van jou eie huis.  Suzanne Lategan demonstreer hoe om ‘n ou T-hemp op te knip en te verander in ‘n jassie of serp wat steeds gedra kan word.

 

 

2. Slow-cooker (Custom)

Suzanne Lategan bespreek geregte

 

 

Die hooftema van die dag is tuisonthaal in die Winter – Suzanne Lategan wys hoof en –nageregte wat in die “slow-cooker” gemaak kan word en gee raad.  Heidi Lombard dek ‘n pragtige tafel en demonstreer tegnieke om servette op interessante maniere te vou.

 

 

5. Tafel (Custom)

 

 

 

4. Lootjie (Custom)

Jean Watermeyer ontvang haar gelukkige pakkie van Anchen van Schalkwyk

 

 

Die gelukkige lootjie word vir ‘n tweede keer deur Jean Watermeyer gewen!  As langste lid van die VLV oorhandig sy ook ‘n knopie aan Lize de Jager vir 25 jaar se lidmaatskap.  Die dag word afgesluit deur te proe aan die heerlike geregte.

 

 

3. 25 jaar (Custom)

Lize de Jager ontvang haar 25 jaar knopie van Jean Watermeyer

 

 

Post a comment

11 + thirteen =