Aberdeen skitter

 

Aberdeen skitter

Posted by VLV in Aberdeen Tak, News 17 Sep 2017

Sirkel: Middelland

Tak: Aberdeen

Beriggewer: Lea van der Vyver

Datum: 16 September 2017

 

‘n Groep dames van Aberdeen VLV het op Saterdag 16 September 2017 die Intertak byeenkoms wat deur Graaff-Reinet aangebied is, bygewoon.  Die tema van die dag was “Holland” met pragtige dekor en tradisionele geregte om die tema uit te beeld.

 

Spreker van die dag was Aberdeen-lid Diane Nel wat die gehoor op prettige wyse meer vertel het oor die lewe in Holland, aangesien sy self verskeie kere daar besoek afgelê het en haar dogter deesdae ‘n burger van Holland is en daar woon.

 

Aberdeen wen ook die Intertak Silwer Skinkbord vir die meeste punte vir die kompetisies van die dag – te danke aan die kranige lede Elna van Niekerk se naald- en breiwerk en Carina Esterhuizen se bakkuns.

 

Vlnr : Suzanne Lategan, Elna van Niekerk, Elise Steynberg, Carina Esterhuizen en Lea van der Vyver met die Intertak Silwer Skinkbord

 

Post a comment

1 × four =