Aberdeen reik uit

 

Aberdeen reik uit

Posted by VLV in Aberdeen Tak, News 10 Oct 2019

 

Sirkel: Middelland

Tak: Aberdeen

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: Christelle Nel

Datum: 9 Oktober 2019

 

Vir Aberdeen se Oktober-vergadering is daar gefokus op Sirkel Middelland se 85-Projek vir Sirkel se 85ste verjaarsdag.

 

Carina Esterhuizen, Leefstyl Saamroeper, het vooraf 85 kolwyntjies gebak en ook botterversiering sowel as fondant-blommetjies en -blaartjies gemaak.  Die dames het die oggend begin deur almal saam die kolwyntjies te versier.

 

Lede by die 85 versierde kolwyntjies

Vlnr Estelle van Wyk, Luise de Jager, Christelle Nel, Heidi Lombard, Lize de Jager, Jean Watermeyer en Carina Esterhuizen

Daarna is in ‘n groep uitgereik na werkers van al die verskillende plaaslike dienssentrums in Aberdeen, waar lede oral met groot verbasing en warm, dankbare harte verwelkom is.

 

Kliniek – vlnr Estelle van Wyk, Lea van der Vyver, Suster Lewies en Carina Esterhuizen

 

Die dienssentrums waar kolwyntjies uitgedeel is, was die Kliniek, Speurtak, Hospitaal, Slagoffer Ondersteuningssentrum en die Polisie.  By Aalwynhof Tehuis vir Bejaarders is daar kolwyntjies vir beide die werkers sowel as inwoners gegee.

 

Speurtak – vlnr a/o Willie van Zyl, Lize de Jager en Jean Watermeyer

 

Laastens is Marguerite Beneke ook besoek – Aberdeen se eie internasionaal bekende glaskunstenaar wat die Tak so ondersteun.  Daar het lede die geleentheid gebruik om na haar kunswerke in die gallery te kyk en sy het ook haar nuutste reeks, nl. “fantasieblomme”, in die studio waar sy nog besig was, gewys.

 

Marguerite Beneke (middel) saam met Jean Watermeyer en Carina Esterhuizen

 

Slagoffer Ondersteuningsetrum – vlnr Heidi Lombard, Bernardo de Vos, Debbie Blaai, Yvonne Frazenburg, Luise de Jager

 

 Werkers van Aalwynhof Ouetehuis saam met Christelle Nel en Lea van der Vyver

 

Die dag is afgesluit met ‘n heerlike middagete by die Camdeboo Padstal.  Almal is met warm harte huistoe met die wete dat daar met ‘n klein gebaar harte aangeraak is.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Saamkuier by Camdeboo Padstal

 

 

Leave a Reply