Aberdeen leer van alles en nog wat

 

Aberdeen leer van alles en nog wat

Posted by VLV in Aberdeen Tak, News 05 Nov 2018

 

Sirkel: Middelland

Tak: Aberdeen

Portefeulje: Alle portefeuljes

Beriggewer: Lea van der Vyver

Datum:10 Oktober 2018

 

Aberdeen VLV se Oktober 2018 vergadering is ‘n mengelmoes van bydraes – elk van die 6 portefeuljes bied iets interessant aan.

 

Lea van der Vyver open met ‘n stukkie getitel “Krag vir die Moedelose”.  Die jaar spoed nou einde toe, Winter verander in vuurwarm Somer en soms voel ons net af en moedeloos.  Hou vas aan die beloftes van God in Jesaja 40 en 41 – Hy gee die vermoeides wat op Hom vertrou weer nuwe krag.

 

Na bespreking van verskeie VLV-sake, kry elke sameroeper haar beurt.  Vir Openbare Sake gee Suzanne Lategan almal ‘n toets oor padtekens om af te lê.  Tot lede se skok kom hulle agter dat daar minder algemene padtekens is wat ons glad nie ken nie!  Carina Esterhuizen is verantwoordelik vir Leefstyl en demonstreer die gebruik van gevriesde deeg om ‘n vinnige, smaaklike eetdingetjie sonder moeite voor te berei.  Sy vertel ook in detail hoe om olywe in te lê.

 

Kunste en Handvlyt se Annalie Lategan vertel lede meer oor die geskiedenis van kleur en die gebruik van die kleurwiel vir kuns, maar ook vir binnehuis-versiering en selfs vir kleurkombinasies as jy aantrek.  Vir Opvoeding en Kultuur vra Luise de Jager of kinders vandag nog genoeg respek het en wat van taalgebruik word met die invloed van sosiale media.  Dis mode om videos rond te stuur oor klein kindertjies wat vloek en hulle basies wangedra.  Dis elke ouer se plig om te sorg dat kinders basiese respek vir medemense het.  Die afwesigheid daarvan veroorsaak ‘n krisis in die onderwys en ons moet elk haar deel doen om dit aan te spreek.

 

Vir Landbou en Tuinbou vertel Elna van Niekerk meer oor Eskom se verskillende tariewe vir landbou en hoe sekere tariewe wissel afhangende van die tyd van die dag en jaar wat die krag gebruik word.  Gedurende spitstyd is die krag duurder.  Eskom kan genader word om ondersoek in te stel en die beste tariefopsie voor te stel.  Heidi Lombard van Gesondheid deel inligting oor Botox en lede is verbaas om uit te vind dat dit meer vir mediese redes gebruik word as vir kosmetiese behandelings.  Die middel word ingespuit en verminder spieraktiwiteit en daarmee saam plooie.  Behandeling moet elke paar maande herhaal word.

 

Tydens die vergadering word Lucille van der Merwe as nuwe lid verwelkom.  Karin Pienaar, Elise Steynberg en Luise de Jager word gelukgewens met hul verjaarsdae en die wenner van die gelukkige trekking is Estelle van Wyk.

 

Die vergadering word afgesluit met heerlike eetgoed wat voorgesit is deur Suzanne Lategan en Lize de Jager.  Daar is ook ‘n marktafel waar lede produkte bring om te verkoop en die opbrengs gaan om die Tak se fondse aan te vul.

 

Lea van der Vyver open die vergadering

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Suzanne Lategan se toets oor padtekens

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Annalie Lategan verduidelik die gebruik van die kleurwiel

 

 

 

 

 

Elna van Niekerk verduidelik die Eskom tariewe wat afhang van die tyd van gebruik.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Lea van der Vyver oorhandig die gelukkige trekking se geskenk aan Estelle van Wyk

 

 

 

 

 Vlnr agter: Lucille van der Merwe, Carina Esterhuizen, Lea van der Vyver, Annalie Lategan, Lize de Jager, Estelle van Wyk, Luise de Jager

Vlnr voor: Jean Watermeyer, Elna van Niekerk, Suzanne Lategan, Judith Dardis

 

 

 

 

 

 

 

 

Post a comment