Aberdeen fokus op Jeug

 

Aberdeen fokus op Jeug

Posted by VLV in Aberdeen Tak 18 Feb 2015

Sirkel:  Middelland

Tak:  Aberdeen

Portefeulje:  Opvoeding en Kultuur

Beriggewer:  Lea van der Vyver

Datum:  18 Februarie 2015

 

Nadat Aberdeen die jaar afgeskop het met ‘n besoek aan Willowmore se Gesondheid vergadering in Januarie, word die eerste plaaslike vergadering vir die jaar gehou.

 

aberdeen2

Phillip Finnis (spreker), Jadre Lategan (sameroeper), Lea van der Vyver (voorsitter) en Duifie Pienaar (spreker)

 

Twee sprekers vanuit die plaaslike gemeenskap spreek die vergadering toe met die fokus op ons jeug vandag. Jadre Lategan is die sameroeper en lees ‘n stuk voor oor ‘Onderwys- Toe en Nou’.

 

Duifie Pienaar het meer as 30 jaar ondervinding in die onderwys en werk in hierdie tyd baie met probleemkinders.  Sy vertel staaltjies van die frustrasies waarmee sy te kampe gehad het, maar ook die ligte oomblikke en haar liefde vir hierdie kinders.  Sy gee raad oor hoe om moeilike kinders te hanteer.

 

Phillip Finnis het 30 jaar ondervinding in die onderwys en doen die afgelope jare jeugwerk in die gemeenskap. Hy bespreek die invloed van ouers, skool, kerk en staat op die jeug van vandag.  Hy glo dat al die rolspelers moet hande vat en daar weer op dissipline en morele waardes gefokus moet word om ons jeug op die regte pad te kry.

 

Die vergadering sien ook die begin van ‘n paar nuwe inisiatiewe.  ‘n Naam – KarooKinkel – word gekies vir ons nuwe maandelikse nuusbrief om brokkies inligting, sowel as lief en leed, te deel.

 

aberdeen3

 

Suzann Lategan is die wenner van die eerste geskenkpakkie in die gelukkige trekking waarvoor lootjies gekoop word.

 

aberdeen

 

‘n Geskenkie word aan Annalize Lategan oorhandig, aangesien sy die maand verjaar.  Daar was ongelukkig geen wenner in die kompetisie vir Grondbootjie kraaklekkers nie, aangesien niemand die ‘kraak’ kon regkry nie!

 

aberdeen1

 

Laastens is ‘n skenking van toiletware vir die Aberdeen hospitaal aan Stephanie van Zyl oorhandig.

Post a comment

twelve + 6 =