Aberdeen Bekyk Wild, Wyn, Kaas & Kuns

 

Aberdeen Bekyk Wild, Wyn, Kaas & Kuns

Posted by VLV in Aberdeen Tak 24 Aug 2015

Sirkel:   Middelland

Tak:  Aberdeen

Portefeulje:  Landbou& Tuinbou en Kunste& Handvlyt

Beriggewer:  Lea van der Vyver

Datum:  24 Augustus 2015

 

 

Op Maandag, 24 Augustus 2015, ontmoet Aberdeen VLV in Graaff-Reinet om verskeie interessante plekke te besoek.

 

 

Die oggend skop af met ‘n besoek aan die Karoo Taxidermis.  Christine Tonks neem die groep deur die aanleg en verduidelik die proses vandat die jagter sy wild aflewer totdat ‘n monteerde trofee die taxidermis verlaat.  Elke montering word volgens die jagter se spesifieke vereistes uitgevoer.  Die Karoo Taxidermis in Graaff-Reinet is een van die grootstes ter wêreld en lewer produkte van hoogstaande gehalte wat uitgevoer word na lande dwarsoor die wêreld.

 

 

1 Taxidermis (Custom)

Vlnr: Elna van Niekerk, Lea van der Vyver, Annalie Lategan, Lize de Jager, Ilse Janse van Rensburg, Stephanie Theron, Jadré Lategan, Heidi Lombard, Suzanne Lategan

 

 

3 Taxidermis Bedanking (Custom)

 Annalie Lategan (Sameroeper Landbou en Tuinbou) bedank Christine Tonks

 

 

Na die insiggewende besoek verskuif die groep na die Drostdy Hotel waar Lorana Rubridge, bestuurder van die Wijnwinkel, ‘n keurige kaas- en wynproe voorsit.  Die sjef, Labarré Smit beskryf al die eksotiese kase, terwyl Lorana meer vertel oor die wyne wat geproe en te koop aangebied word.  Die wyne is hoofsaaklik afkomstig van die Rupert Familie se plase in die Franschhoek Vallei, asook uitgesoekte plase van vriende van die Ruperts.

 

 

4 Wijnwinkel (Custom)

Vlnr: Lea van der Vyver, Jadré Lategan, Heidi Lombard, Ilse Janse van Rensburg, Stephanie Theron, Lize de Jager, Annalie Lategan, Elna van Niekerk, Suzanne Lategan

 

 

Daarna word die kunswerke van die Imbala Trust Kunsgallery langs die Wijnwinkel besigtig.  Jacqui Jones van die gallery vertel dat die Imbala Trust ten doel het om geld in te samel vir behoeftige skoolkinders.  Die kunswerke in die gallery is afkomstig van die Everard Read Gallery in Kaapstad en die versameling word ongeveer elke 3 maande vernuwe.  Die fokus is op Suid-Afrikaanse kunstenaars.

 

5 Kunsgallery (Custom)

Vlnr: Heidi Lombard, Jadré Lategan, Stephanie Theron, Lize de Jager, Lea van der Vyver, 

 

 

Die oggend word afgesluit met koffie en kuier in die Camdeboo Restaurant van die Drostdy Hotel.

 

Post a comment

four + one =