Aberdeen bederf Aalwynhof

 

Aberdeen bederf Aalwynhof

Posted by VLV in Aberdeen Tak, News 23 Nov 2017

Sirkel: Middelland

Tak: Aberdeen

Portefeulje: Opvoeding en Kultuur

Beriggewer: Lea van der Vyver

Datum: 22 November 2017

 

Met die aanbreek van die Kersseisoen het Aberdeen VLV die plaaslike ouetehuis besoek met ‘n Kersfees bederf.  Lede bring almal heerlike tuisgemaakte eetgoed en ‘n geskenk vir elke inwoner.

 

Kersboodskap: Vlnr     Aalwynhof inwoners en VLV lede rondom die tafel gelaai met eetgoed en kersgeskenke tydens die lewering van die Kersboodskap deur Lea van der Vyver

 

Vlnr     Estelle van Wyk, Jean Watermeyer, Elna van Niekerk en Elise Steynberg maak tafel reg

 

Lea van der Vyver lewer ‘n Kersboodskap uit die Woord wat vertel van Jesus se almag en krag en die lewe en hoop wat deur Sy dood aan die kruis vir ons beskikbaar is.  Ons moet Hom nie net sien as weerlose baba nie.

 

Donnie Erlanck, voorsitter van die Inwonerskomitee, bedank die VLV vir die besoek en spreek seën oor elke lid uit.

 

Daarna word gesmul aan die heerlike eetgoed en die spesiale oggend word afgesluit met die uitdeel van geskenke.

 

 

Vlnr     Stephnie van Zyl, Estelle van Wyk, Elna van Niekerk, Elise Steynberg en Lize de Jager skep bordjies eetgoed in vir inwoners

 

 

            Elna van Niekerk oorhandig geskenke aan twee Aalwynhof inwoners.

 

 

 

 

 

Post a comment

20 − nine =