Aartappellaboratorium

 

Aartappellaboratorium

Posted by VLV in News, Piketberg Tak 18 Sep 2014
Sirkel:  Weskus
Tak:  Piketberg
Portefeulje:  Landbou en Tuinbou
Beriggewer:  Riana Richter
Datum:  18 September 2014

 

 

piketberg

 

 

Op Donderdag 18 September het lede van VLV Piketberg die Sandveld Aartappellaboratorium op Piketberg besoek.

 

 

Die Sandveld aartappelbedryf is ‘n baie groot voorsiener van voedsel in die Wes-Kaap.  Dit is dus belangrik dat die bedryf ‘n 100% gesonde produk lewer.  Voedselsekuriteit is van die hoogste proriteite.

 

 

Grondmonsters word van landerye getrek en getoets vir siektes of elemente wat in die grond mag voorkom.  Water word getoets vir suiwerheid, kwaliteit en nitraatvlakke.  Bespuiting met chemise middels word streng gemonitor.   Pakhuise moet in meeste gevalle voldoen aan Global Gap standaarde.

 

 

Om verspreiding van siektes in die grond of pakhuise te voorkom, word  aartappelknolle, asook blaarmonsters, vir virusse en grondgedraagde siektes getoets.  Hierdie toetse vind in die laboratorium op Piketberg plaas.

 

 

Die department van Landbou monitor grensposte.  Geen vars aartappels mag vanaf ander lande ingevoer word nie.

 

 

Lede het die besoek aan die laboratorium baie interessant gevind en waardering en respek gekry vir wat agter die skerms gedoen word om, saam met die aartappelboer, alle moontlike aksie toe te pas om sorg te dra dat hul produk veilig en gesond is.

 

 

Marlize Rossouw, sameroeper van Landbou en Tuinbou, het die geleentheid vir VLV Piketberg gereël.

Post a comment

ten + seventeen =