AANDAG alle lede

 

AANDAG alle lede

Posted by VLV in Announcements, From the Office 23 Jun 2014

AANDAG: Sirkelpresidente, Kunste & Handvlyt sameroepers en voorsitters

Doen ASSEBLIEF moeite om die lede in jou tak/sirkel in te lig dat die inligtingstuk met wenke en riglyne vir die piouterkruis vanuit DOWNLOADS afgelaai kan word.

Onderstaande is die bydrae, soos dit op 12 Mei op die WW verskyn het.

Hulp met die piouterkruis
Posted on 12 May 2014

Caro Ekermans, VLVK Kunste & Handvlyt Sameroeper (CWAA Arts & Handicraft Convenor), het laat weet dat sy navrae kry van die persone wat die inligtingsoggende vir volgende jaar se Handvlyt kompetisie moet aanbied, want hulle sukkel om die opdrag uit te voer. Caro het ‘n inligtingstuk voorberei, want dit is ‘n redelike duur kompetisie en hulle wil verhoed dat deelnemers verkeerd sny aan die piouter en dan ‘n klomp geld moet uitgee op ‘n tweede poging.

Gaan kry die inligtingstuk onder DOWNLOADS.

NEEM KENNIS ASSEBLIEF:

  • Nuusgebeure in tak- of sirkelverband verskyn in chronologiese datumorde onder NUUS.
  • VLVK-nuus, skrywes uit die President se pen en inligting oor die onderskeie portefeuljes, soos aangestuur deur die VLVK-sameroepers, verskyn onder Events and Activities.
  • Alle vorms, riglyne, inligtingstukke en wenke word in PDF óf Excel-formaat onderDOWNLOADS gelaai.
  • Doen die moeite, gaan in op DOWNLOADS en kyk deur die dokumente wat daar beskikbaar is om JOU (die lid/sameroeper/sirkelpresident) van hulp te wees.

Post a comment

one × 1 =