Met liefde en sorg

 

Met liefde en sorg

Posted by VLV in Acqua Tak, News 05 Jul 2013

Sirkel: Middelland

Tak: Acqua

Beriggewer: Natania Schmidt

Datum: 4 Julie 2013

 

‘n Paar van die Acqua vriendinne het vanoggend  by KANSA in Port Elizabeth gekuier om tyd te verwyl met kankerpasiënte en kankeroorwinnaars. Vyftien kniekombersies (5 van die Middelland Breiblokkie Projek en 10 uit Acqua geledere) was saamgeneem en verskaf sekerlik vanaand al warmte – die Vriendelike Stad is juis so koud en nat vandag – aan die ontvangers.

 

kombersies 2

 

Die blokkies was met liefde en sorg gebrei, aan mekaar gehekel, met harte en blommetjies versier, verpak en geëtiketteer. Ons vertrou dat elkeen van die ontvangers die sorgsaamheid en liefde sal ervaar, wanneer die liggaam en gemoed op ‘n laagtepunt is. Daar was aan hulle gedink toe die kombersies gemaak is, maar na vandag word hulle by die naam aan die Groot Geneesheer opgedra.

 

kombersies 1

Magriet Schmidt (wat al die blokkies liefderik in 103 kombersies omtower het), Natania Schmidt, René Ferreira, Gladys-Nomatiti Ncaluka, Brenda Zandberg en René Muller saam met die kleinspan. Elkeen het sy/haar eie kombersie gekies en party het presies geweet wat sy/hy wil hê, maar ander was heeltemal oorweldig deur al die vrolike kleure en het met moeite ‘n keuse gemaak.

Post a comment

11 − seven =