80 jaar in Upington

 

80 jaar in Upington

Posted by VLV in Announcements, Uit Die President Se Pen 15 Mar 2013

Die 80ste Konferensie van Sirkel Noordwes-Kaap is gehou op 13 en 14 Maart te Upington.

Wilna Nel, sirkelpresident van Sirkel Noordwes-Kaap, groet die afgevaardigdes vrolik!

Die verjaarsdagkoek en miniatuur vrugtekoekies vir elke afgevaardigde is gemaak deur Retha Compion, sirkelsekretaris en voorsitter van VLV Pofadder.

Die twee susters van VLV Kakamas: Maurien du Plessis, taksaamroeper van Kunste en Handvlyt en Lisa Collen, taksekretaris.

Afgevaardigdes van VLV Prieska: Jacobie Botha, ‘n nuwe lid. Theresa Swart, visevoorsitter en taksaamroeper van Landbou en Tuinbou.

Afgevaardigdes van VLV Marydale: Erika Liebenberg, taksaamroeper van Opvoeding en Kultuur en Enell Loubser, taktesourier.

Die marktafels het gekreun onder die artikels en produkte deur die lede self gemaak. Afgevaardigdes kon na hartelus koop!  

Voor: Erika Lubbe, VLVK-president; Babsie Strauss, oudsirkelpresident Sirkel Noordwes-Kaap; Kasoepie van Niekerk, sirkelsaamroeper van Openbare Sake.

Agter: Wilna Nel, sirkelpresident Noordwes-Kaap; Retha Compion, sirkelsekretaris en sirkelsaamroeper van Gesondheid.    

VLV Augrabies afgevaardigdes: Susan Oosthuizen, Ria van Zyl.

Sirkelpresident, Wilna Nel, oorhandig aan die Dankie-persone 2013 van Sirkel Noordwes-Kaap, Kasoepie van Niekerk en haar eggenoot, Ben, ‘n oorkonde asook ‘n geskenk. Albei verdien hierdie toekenning deur en deur! 

Konferensiegangers luister aandagtig. Links: Christa Lochner. Regs: sirkelsaamroeper, Esmé du Toit, wat ‘n vurige en baie treffende pleidooi  gelewer het vir die  behoud en korrekte gebruik van Afrikaans. Sy het interessant vertel van die gebruik van idiome, intensiewe vorme, trappe van vergelyking, volksliedjies en volksrympies wat lankal vergete is.

Post a comment

15 − 4 =