Posted by VLV in Hermanus Tak 11 Mar 2015

Sirkel:   Overberg

Tak:    Hermanus

Portefeulje:  Landbou

Beriggewer:  Diana Lambrechts

Datum : 11 Maart 2015

 

 

Landbou se komitee, onder leiding van Cora Clark het die tak van baie waardevolle wenke voorsien en die dames deel dit graag.

 

hermanus (Custom)

Hentie Lombard aan die woord

 

Landboukundige Hentie Lombard was die gasspreker.  Meneer Lombard sê mense beskou grond slegs as ‘n medium om plante te anker. Gedeeltelik is dit korrek maar grondsisteme kan ook gesien word as groot fabrieke waar biljoene mikro-organismes aanhoudend minerale, wat in die grond voorkom verander sodat dit in opneembare vorm vir die plantwortels omskep word.

 

hermanus2 (Custom)

Cora Clark stel die gasspreker voor

 

Voedsel wat plante uit die grond verkry word in twee groepe verdeel naamlik anorganiese-en organiese kunsmisstowwe.  Die anorganiese kunsmis bestaan uit vyftien chemiese elemente wat as die makro-elemente beskou word.  Die eerste drie, naamlik koolstof, waterstof en suurstof,   word uit die lug verkry en maak gemiddeld 95% van plante se droë gewig uit.  Die stikstof, fosfor en kalium is in die handel beskikbaar as enkelvoudige kunsmis terwyl kalsium, magnesium en swael  onder landboukalk sorteer.  Die laaste ses borium, koper, yster, mangaan, mobileen en sink word verwys na as die mikro-elemente.

 

 

Die organiese misstowwe sluit in plantaardige materiaal en diere-afval en dit word as makro-elemente beskou. ‘n Paar belangrike wenke vir gesonde plante is verskaf.  Stikstof is belangrik vir blaar-en stingelgroei, veral vir grasperke. Tekorte het gelerige bogroei tot gevolg.  Fosfor bevorder weer die algemene groeikrag van plante en is noodsaaklik vir goeie wortel ontwikkeling, tekort sal rooi tot pers kleurige blare veroorsaak.  Kalium stimuleer die ontwikkeling van stamme, knolle, blomme en vrugte. Vir die bind van sandgrond kan kalsium en magnesium gebruik word en dit maak ook kleigrond losser.

 

hermanus1 (Custom)

Dames luister aandagtig.

 

Algemene riglyne vir die gebruik van saamgestelde misstowwe in die huistuin is dan hoë stikstof 4.1.1 hoë fosfaat 2.3.2 en hoë kalium 3.1.5. Die moets van grond voorbereiding is om ten minste een maal per jaar mis of kompos toe te dien en te sorg dat die grond deurweek word wanneer u nat gooi.  Moet nooit groot hoeveelhede kunsmis op een slag toe dien nie, drie of vier kleiner toedienings per jaar is beter.

 

 

Met al die kennis wat Hermanus se VLV dames opgedoen het vertrou ons dat almal binnekort spog tuine gaan hê.

 

 

Post a comment

two × 1 =