Durbanville leer van blomme

 

Durbanville leer van blomme

Posted by VLV in Durbanville Tak 16 Oct 2014

Sirkel:  Tygerberg

Tak: Durbanville
Portefeulje: Landbou
Beriggewer:  Hester Geringer
Datum:  16 Oktober 2014

durbanville

Links is Annalien Jonger,  Landbou saamroeper,  saam met mnr Kobus Marais en sy vrou.
By die Oktober vergadering kom mnr Marais en vertel van die plant Bromelia. Hy is ‘n bekende kweker in die distrik. Hy het vertel van die voordele om so ‘n plant in jou tuin te hou. Dit vermeerder nogal gou en  dus hoef jy nie so baie plante aan te koop nie. Nog ‘n voordeel is dat die plant ewe goed in hang mandjies, sowel as op rotse of in die tuin gebruik kan word. Die plant is son sensitief, dus kan met groot sukses in die koelte geplant word. Die plante kom wêreldwyd voor in Suid Amerika, Sentraal Amerika, Wes Indiese Eilande en die suide state van Noord Amerika, veral
Texas.

 

 

durbanville1

 

 

Johanna Steyn, ‘n beoordelaar van die tak, het ‘n demonstrasie gelewer oor 2015 se blommerangskikking kompetisies by die konferensie. Die tema is Die Volkslied (intermedier) en Die lewe is ‘n lied (beginners).

 

 

Durbanville2

 

 

By dieselfde vergadering het Elna Smit vir die lede gedemonstreer hoe om ‘n mooi tafelrangskikking te maak met vrugte. Die vrugte wat hier gebruik is, was aarbeie en kiwivrugte.

 

 

durbanville3

 

 

By dieselfde vergadering het die dames sommer hulle jaarlikse beker uitdeling gehad. Hier is die persone wat vanjaar bekers gewen het.

 

Post a comment

seven + 14 =