In geval van ‘n noodgeval

 

In geval van ‘n noodgeval

Posted by VLV in Citrusdal Tak 10 Sep 2014

Sirkel:  Weskus
Tak:  Citrusdal
Portefeulje:  Opvoeding & Kultuur
Beriggewer:  Jolien Mouton
Datum:  10 September 2014
Hannaleen Hough en Susan Steyl, onderwyseresse by Cederberg Akademie kom besoek ons met ‘n paar Graad 10 en Graad 11-leerlinge van die skool.  Cederberg Akademie het ±700 leerlinge.  Die leerlinge vertel ons van hul vakke en belangstellings en wat hul toekomsdrome is.  Hannaleen Hough bied Verbruikerstudie aan vir die Graad 11’s wat die leerlinge van entrepeneurskap, koskook, behuising, interieur, klere en voeding leer.  Donderdae het hul prakties waar hul produkte dan by skool verkoop.
Dokter Izelle Nienamer, afkomstig van Klerksdorp, doen nou haar gemeenskapsjaar by Citrusdal Hospitaal .  Sy vertel ons wat om te doen in verskillende noodgevalle soos hartaanval, beroerte, verstikking en epileptiese aanvalle.  As jy ‘n ambulans benodig, bly kalm, sê wat jou naam is, sê waar jy is, hoe laat die ongeluk gebeur het, hoeveel beseerdes daar is en wat die graad van die beserings is.  Maak altyd veiligheidsgordels vas en babastoeltjies is baie belangrik.  Dit is baie gevaarlik om ‘n kind saam met jou op voorste sitplek vas te maak.  In die geval van ‘n verdrinking doen eers ‘n CPR en mond tot mond en skakel dan die ambulans.  Gesondheidswenk
wat sy aan ons lede gee is om baie te lag en moenie jouself te ernstig opneem nie!
Die middag word afgesluit met ‘n koppie tee.

Post a comment

1 × 5 =