Alzheimers

 

Alzheimers

Posted by VLV in Kraaifontein, News 14 Aug 2014

Sirkel:  Tygerberg

Tak:  Kraaifontein

Portefeulje:  Gesondheid

Beriggewer:  Ita van der Merwe

Datum:  14 Augustus 2014

 

 

Soms is dit moeilik en onbeskostigbaar om sprekers te kry oor ‘n onderwerp. Dan moet lede self inspring en met behulp van die media inligting inwin. So ‘n vergadering is deur me Suzie Thorburn, sameroeper van Gesondheid, gedoen en die lede is goed ingelig het oor die onderwerp.

 

 

Dis ‘n toestand van ons tyd – Alzheimers. In 1906 het ‘n Duitse neuroloog, Alois Alzheimer die toestand beskryf as ‘n ongesteldheid van die brein wat kan lei tot geheueverlies en ernstige verstandelike agteruitgang.

 

 

Daar is mense van 40/50 wat daaraan ly, maar dit kom veral by ouer mense voor. Aanvanklik het die lyer geringe,  skaars waarneembare simptome soos vergeetagtigheid, gebrekkige oordeel- en konsentrasievermoë.

 

 

Persone is dikwels onbewus daarvan of ontken dit dat hulle aan die toestand ly.  Dit is nogtans ‘n bron van frustrasie vir die lyer sowel as die geliefdes.

 

 

Die volgende simptome is waarskuwingstekens:

 

  • Vergeetagtigheid – wat aan geen ander oorsaak soos drankmisbruik of kopbeserings toegeskryf kan word nie.
  • Probleme met taalgebruik – vergeet bekende dinge se name, gebruik verkeerde woorde in ‘n sin of praat dikwels onsin.
  • Probleme om knope vas te maak, ritssluiter op te trek of skoenveters vas te maak.
  • Persoonlike higiëne – wil nie bad of skoon klere aantrek nie
  • Wisseling in gemoed – soms kalm en net die volgende oomblik kwaad, bang of aggressief.
  • Vreemde gedrag – trek byvoorbeeld klere verkeerdom aan.
  • Deurmekaar – verdwaal in bekende plekke en onmiddellike omgewing.
  • Herken nie meer gesinslede of ou vriende nie.
  • Geheue – langtermyngeheue is redelik goed, maar die korttermyngeheue laat hul in die steek.
  • Wantroue – bejeën almal met agterdog, beskuldig mense van diefstal of dat hulle iets wegsteek.

 

 

Treë so op teenoor pasiënte:

 

  • Moenie met hul stry nie en redeneer help nie – hulle kan nie.
  • Beantwoord en reageer op versoeke
  • Moenie hul gedrag/optrede persoonlik opneem nie.
  • Moenie kwaad word of reageer op aggressie nie – loop eerder weg.
  • Neem so ‘n persoon weg uit onstellende situasies.
  • Moenie so ‘n persoonlik uitlok/terg nie en om te straf sal ook nie help nie.

Post a comment

fifteen − 13 =