Posted by VLV in Graafwater Tak, News 18 Mar 2014

Sirkel: Weskus

Tak: Graafwater

Portefeulje: Gesondheid

Beriggewer: Marna Lambrechts

Datum: 18 Maart 2014

Die saamroeper van Gesondheid, Hanlie van Zyl, het die vergadering geopen met die voorlesing van die Internasionale gebed, waarna die lede die Song of Peace saamgesing het.

Mev. Marianna van den Heever, matrone by Cederhuis te Clanwilliam, het lede ingelig oor Dementia,’n term wat ‘n groep siektes beskryf wat die brein affekteer en ‘n progressiewe afname van denkfunksies tot gevolg het.

Daar is meer as honderd verskillende soorte Dementia. Die mees algemene tipe is Alzheimer se siekte. Vanaf jou kinderjare en soos jy grootword stoor jy indrukke in “files” in jou brein. Wanneer Alzheimer intree is dit asof hierdie boks oopmaak en alles van bo-af wegwaai. Dis waarom mense met Alzheimer dan weer dink en reageer soos kinders.

Mense met Alzheimer se siekte het ‘n tekort aan sommige belangrike chemikalieë  in die brein wat help met die oordrag van boodskappe na die brein. Geheue, denkpatroon, gedrag en emosie word geaffekteer. ‘n Siekte wat die persoon se waardigheid affekteer. Hul is geneig om rond te loop en ook weg te loop. Daar moet dus besonder voorsorg getref word vir hul veiligheid. Hul het ook baie geduld, deernis en liefde nodig. Aktiwiteite om hul besig te hou soos bv speletjies, musiek,troeteldiere is noodsaaklik.

Familie van iemand wat Alzheimer het, kry soms swaarder as die persoon self. Die mees algemene oorsaak van dood by mense met Alzheimer se siekte is aspirasie longontsteking.

Fisiese aktiwiteit en ‘n voedsame dieet hoog in Omega vetsure kan mense help om gesond te bly soos hul ouer word. Om volgehoue sosiale kontak met familie en vriende te handhaaf kan bydra tot gesonde veroudering.

 

 

Mariana en Hanlie.

Post a comment

five × five =