Gezoem van die bye

 

Gezoem van die bye

Posted by VLV in Langebaan Tak, News 12 Jun 2014

Sirkel: Weskus
Tak: Langebaan
Studierigting: Gesondheid
Beriggewer: Charlotta van Eeden
Datum: 11 Junie 2014

Hanlie van Heerden, Hettie Hanekom, Rina Keytel, Carine van Eyssen, Pina Krumm, Marie Snyman, Christa Steyn, Cornie van Wyk en Joey Kotze : die dames verantwoordelik vir die vergadering.

Hanlie van Heerden, Hettie Hanekom, Rina Keytel, Carine van Eyssen, Pina Krumm, Marie Snyman, Christa Steyn, Cornie van Wyk en Joey Kotze : die dames verantwoordelik vir die vergadering.

Helena van der Westhuizen van Simply Bee, Hopefield, het ons kom toespreek oor haar heuningbesigheid en die voordele daarvan vir ons almal.

Lizana de Jongh, Helena van der Westhuizen, Algene Julies en Hettie Hanekom (sameroeper).

Lizana de Jongh, Helena van der Westhuizen, Algene Julies en Hettie Hanekom (sameroeper).

Sy het begin deur met ons te deel hoe hulle tot stand gekom het.  In 1957, toe haar Pa en Ma trou, het haar Oupa vir haar Pa gesê: “Jy is brandarm, maar hier is vir vir jou ‘n byekorf en nou kan jy heuning vir jou vrou op die tafel sit.”  Haar Pa het in 1992 afgetree en daarna voltyds begin boer met bye.

In 2008 het Helena se man die byeboerdery voltyds oorgeneem en hulle het Simply Bee in 2011 begin. Hul heuning is fynbosheuning met sonder enige gifstowwe.

Sy het die voordele van heuning met ons gedeel en ook hoe om jou immuniteit hoog te hou deur die eerste ding soggens en laaste ding saans die volgende mengsel te drink: ‘n lepel heuning opgelos in ‘n halwe koppie warm water met ‘n knypie kaneel in.  Dit dien ook as antioksidant.

Rou heuning is heuning net so van die korf af.
Room heuning is heuning wat met ‘n klitser geroom is of ‘n lepel fyngemaakte gesuikerde heuning by heuning gevoeg.
Suiwer heuning word deur ‘n moeseliendoek gegooi om te suiwer  (gebruik nog ou metode).

image.axd-19

Simply Bee het al hulle verwagtinge oortref. Die reeks bestaan uit verskeie produkte. Daar is begin met antiseptiese salf, handeroom en ‘n velsorgreeks wat veral goed is vir dames met erge sensitiewe velle.
Velsorgprodukte sluit in: gesigreiniger, afskilveraar, Propolis serum (top verkoper), anti-verouderingsroom (top verkoper), dagroom en nagroom. Handeroom,  Lyfroom en seep.  Lyfbotter en voetroom.  Lyfafskilferaars.

Babareeks:  room vir boutjies, vloeibare seep en babalyfroom.

Reeks ook vir mansvelle.  Balsums vir hande en lippe.

Sepe, Propolis smeer en druppels  (baie helend / immuniteit aanvulling), badskuim, houtpolitoer, leerpolitoer, sjampoe, heuning, heuning en neute ens.

Al die produkte is natuurlik.

 

Hul het einde Maart 2014 ‘n observasiesentrum begin, reg langs hul winkel in Hopefield.  Daar is 2 byekorwe in glaskaste waar daar gesien kan word hoe bye werk.

Inskrywings vir "rangskik 'n potplant".

Inskrywings vir “rangskik ‘n potplant”.

Post a comment

twelve + ten =