Wildboer en Kokkedoor span saam

 

Wildboer en Kokkedoor span saam

Posted by VLV in News, Willowmore Tak 31 Jul 2014

Sirkel: Middelland

Tak: Willowmore

Portefeulje: Landbou & Tuinbou

Beriggewer: Adriana Theunissen

Datum: 30 Julie 2014

 

Volgens Philip Theunissen van Bhejane Game Reserve dra die 10 000 wildplase in Suid-Afrika R10 miljard tot die bruto binnelandse produk van Suid-Afrika by, waarvan trofee- en biltongjag R7.5 miljard bydra.  Wildboerdery, jag en toenemende wildvleisproduksie is die progressiewe gesig van landbou in Suid-Afrika.  Wild gebruik 66% minder water as beeste en benut bome en gras.

 

 IMG_6597

 

Deur middel van trofeejag asook biltongjag word daar kommersiële waarde geplaas op wildspesies wat sodoende die voortbestaan verseker. Privaat wildboerdery is ‘n doelmatige ekonomiese aktiwiteit met ‘n volhoubare groen voetspoor omdat:  20.5 miljoen hektaar marginale landbougrond gebruik word wat nie werklik geskik is vir ander landbou kommoditeite nie,  dit ‘n belangrike voedselproduksie-eenheid is en word gebruik vir bekostigbare proteïne, dit die rugsteun is vir ekotoerisme, kommersiële wildboere se opbrengs per hektaar beduidend meer is as veeboere s’n gegewe die marginale aard van die grond, wildplase meer as 100 000 werkers met hul gesinne in diens het, wat sowat drie keer soveel mense as in landbou is en laastens stedeling in aanraking kom met die natuur en hul aanvoeling vir omgewingsbewaring bevorder.

 

IMG_6607

Adriana Theunissen (VLV Landbou), Philip Theunissen (Bhejane Game Reserve) en Arthur John Wildskut (Kokkedoor 2014).

 

Arthur John Wildskut – Kokkedoor deelnemer 2014 van Willowmore,  het ons kom bederf met ‘n demonstrasies ter voorbereiding van koedoe rugstring. Hy het 3 tipes rugstring voorberei en gaargemaak. Ons het die middag afgeskop met Carpaccio bedien op vars slaai en ‘n Spekboom salsa.  Hy het ons meegedeel dat met die Kokkedoor episodes moes hulle suiwer Afrikaanse woorde gebruik en een woord wat ons opgeval het was tandestokkie, wat ‘n peuselstokkie genoem word.

 

Arthur het ons ook die tegniek geleer om te “quenelle”, dit is nou waar twee opskeplepels gebruik word om kapokaartappels van een lepel na ander lepel oor te sit, sodat die kapokaartappels styf word en op die bord geplaas word met die rugstring  bo op.

 

IMG_6601

Post a comment

sixteen + eleven =