Vredendal pleeg kuns

 

Vredendal pleeg kuns

Posted by VLV in News, Vredendal Tak 25 Jul 2014

Sirkel: Namakwaland

Tak: Vredendal

Portefeulje Kunste en Handvlyt

Beriggewer:  A Beelders

Datum: 24 Julie 2014

 

‘n Baie interessante kuns- en handvlytprogram is by Vredendal se VLV aangebied deur Koos Coetzee van Vanrhynsdorp en Suné Kotze van Vredendal. Koos is behalwe skilder ook bekend vir sy innoverende raamwerk van prente, skilderye en portrette. Suné is weer ‘n erkende piouterkunstenaar.

 

Koos het voorbeelde van sy werk gebring en verduidelik dat esteties alles belangrik is, die keuse van ‘n raam, die komposisie van die onderwerp en die afronding. Hy wys ‘n interessante groepering op ‘n troufoto.  Dit bevat al die besonderhede van die troue, selfs die troukaartjie en die tafelversiering – en vertel so die hele storie.  Belangrik is dat die foto of prent agter met “foamcor” bedek moet wees, nie papier of karton nie. “Foamcor” is ‘n sintetiese materiaal wat suur en mot bestand is.  Jou prent of foto kan dus nie verweer nie.  Hy is bly om te sien handwerk is weer in.  Hy glo ook dat ‘n skeppende gees ‘n gesonde gees is.

 

Febr 2014 092

 

Suné Kotze is bedrewe in piouterwerk en het haar tegnieke met die dames gedeel. Sy is bereid om vir hul ‘n klas te reël om sodoende die nuutste tegnieke aan te leer.  Sy is so aansteeklik entoesiasties, geen wonder haar dogter het al op 5 jarige ouderdom ‘n piouterwerk gemaak nie.  Sophie Malan het boonop kosbare borduur en handwerk artikels uit hul familie vertoon met die stories daar agter.

 

Febr 2014 090

LNR Nonnie van Wyk, Suné Kotze, Sanet Ras en Dirkie De Jongh.

Post a comment

nine + two =