30 Jaar jonk!

 

30 Jaar jonk!

Posted by VLV in Acqua Tak, News 16 Oct 2014

Sirkel: Middelland

Tak: Acqua

Beriggewer: Natania Schmidt

Datum: 15 Oktober 2014

 

Die Kwa-Kwa-Kotiljons-Kaboeki om Acqua se 28ste bestaansjaar te vier, was ‘n groot sukses. Die 29ste verjaarsdag, ‘n Acqua Aardigheid, was so geestig, dat daar gereken is dat dit beslis nie maklik herhaal sou kan word nie. Maar niemand het rekening gehou met die uitbundigheid van Acqua se 30ste bestaansherdenking nie.

IMG_6592

Acqua se 1ste takvergadering het op 12 Oktober 1984 plaasgevind. Dertig jaar later was die Acqua-lede weer ge”shoulder pad” en ge”Lady Di”, die hare was groot en die oorbelle plastiek! Dit was ‘n 80’s paartie om Bette Davis se Eyes te laat omdop, want Girls Just Want(ed) to Have Fun. En “fun” het die nagenoeg 120 vriendinne teenwoordig beslis “fun” gehad. Hoe anders as almal soveel moeite gedoen het om die klok 30 jaar terug te draai met kleure en klere so reg uit die jare 80.

IMG_6563    IMG_6610

IMG_6579

Die girls sou Jane Fonda palpitations kon gee met hulle leggings, leg warmers en schrunchies. Die Ray-Bans het gewys dat niemand van die Little House on the Prairie gekom het nie, want Dallas is in elk geval meer die Kwa-Kwa’s se styl. Daar was geen Golden Girls op die Love Boat nie, want almal was pure Charlie’s Angels!

IMG_6665    IMG_6612

IMG_6659    IMG_6561

Die vonkelwynproppe is geskiet en die glasies gevul vir ‘n heildronk op die knap, deugsame vroue in VLV-geledere wat ons vooruitgegaan het. Daar is glasies geklink op die vroue wat die weg gebaan het vir Acqua, diegene van hulle wat steeds vandag trotse lede van Acqua is en natuurlik op elkeen van die 145 huidige lede van die mees dinamiese VLV-tak ooit.

IMG_6741     IMG_6740

Tripple M Productions het‘n 80’s trivia-vasvra met musiek, kenwysies van TV-programme, akteurs en beroemdes, nét uit die 80’s, aangebied. Die onderlangse hulp met antwoorde en leidrade a-la-stomstreke het verseker dat die desibelvlakke gevaarlik hoog gebly het.

 

Die Kwa-Kwa’s se 80’s paartie was ‘n jolige aand van lekker kuier, lekker kos, lekker lag en goeie herinneringe. Nét wat elke vrou ten minste een keer elke dertig dae nodig het – die geleentheid om haar hare te laat sak en laf te wees!

  • June Smit October 23, 2014 at 5:46 pm / Reply

    Julle is “AWESOME”!!!

Post a comment

sixteen + nine =