Hoekom reis ons graag?

 

Hoekom reis ons graag?

Posted by VLV in News, Wellington Tak 16 Aug 2019

Sirkel: Paarl

Tak: Wellington

Portefuelje: Openbare Sake

Beriggewer: Karen Barnard

Datum: 15 Augustus 2019

 

Hoekom reis jy of wil jy gaan toer?  Wat veroorsaak dat mens die wêreld wil sien of sommer net op ‘n pragtige wit strand rondlê?

 

Liezel de Goede, ‘n reiskonsultant het vir ons kom inlig.  Liezel het self al baie gereis en meer as 50 lande gesien.  Sy lewer ‘n persoonlike diens vir elke kliënt.

Mense reis om verskillende redes en die volgende moet in ag geneem word:

  • Wat is die kliënt se behoefte, wat is sy verwagting
  • Wat is doel van die besoek – toer of vakansie
  • Hoeveel mense
  • Hulle ouderdom
  • Begroting beskikbaar

So baie opsies is beskikbaar en die konsultant sal jou help met

Vlugte, Visums, Verblyf, Reisversekering, Motorhuur en Ekstra uitstappies.

 

Om te reis hoef nie net ‘n droom te bly nie, daar is lande of reise wat nie so duur is nie en dalk binne jou begroting sal pas. Dit kan selfs binne die grense van Afrika en Suid-Afrika wees.

 

 

 

 

 

Leave a Reply