Sirkel: SWD
Tak: Voëlvlei
Portefeulje: Landbou en Tuinbou
Beriggewer: Anne-Marie van der Merwe
Datum: 22 Maart 2022

FLUISTERBOOM van VOёLROEPERSFONTEIN
Op Donderdag 17 Maart besoek VLV Voëlvlei se dames Albertinia se “Fluisterboom”, een van die tien dikste bome in Suid Afrika.

Die 1.6 hektaar eiendom, Voëlroepersfontein, spog met 23 fonteine en is soos ‘n oase in ’n woestyn. Danksy die eienaar, Marietjie Coetzee, pryk die knewel op Suid Afrika se lys van kampioenbome.

Wat is Kampioenbome?
Die Kampioenboomprojek is ‘n inisiatief van die departement van landbou, bosbou en visserye waar bome vanweë hul grootte, ouderdom, landskap-, histories of ekonomiese waarde en visuele impak van nasionale bewaringsbelang ge-identifiseer word en onder die nasionale bosbouwet van 1998 beskerm word.

Marietjie se “Fluisterboom” is ‘n gewone Wildevy (Ficus burkei) met ‘n stamomtrek van 14,6m, stamdeursnee van 4,67m, hoogte van 17m en kroondeursnee van 36,4m, soos gemeet in 2017.
Die perseel is oop vir besoekers – volg net die duidelike aanwysingsborde soos jy Albertinia binnery.

Baie dankie aan Marietjie (083 228 2779/028 735 1016) wat haar stukkie paradys met ons gedeel het. Wat ‘n leersame en sielsverkwikkende oggend!

                                             

Links: Mien Naude tussen die lugwortels aan                        Regs: Marietjie Coetzee

die donker kant van die wildevy
                                                                                                         
VLV Vriendinne en manne saam met Marietjie Coetzee