Sirkel: Paarl
Tak: Paarl Aand
Studierigting: Kunste en Handvlyt
Beriggewer: Una Engelbrecht
Datum: 17 Maart 2022

1. Petro Boshoff, kunsonderwyseres by Laerskool La Rochelle en saamroeper van Paarl Aand se Kunste en Handvlyt-komitee, gee ‘n kort inleiding m.b.v. ‘n Power Point-aanbieding oor kleurkenners Pantone se kleur van die jaar: veri peri, ‘n vermenging van rooi, blou en wit.

2. Die kleur is veral beïnvloed deur kleure van rekenaarspeletjies en die groeiende belangstelling in die metaheelal, ‘n virtuele kollektiewe gedeelde ruimte waarin al hoe meer individue en ondernemings “eiendom” koop.

3. Mode-ikone dra reeds die kleur en dit word op loopplanke gesien.

4. Lede kry die geleentheid om ‘n kunswerk met pastelle en waterverf te maak.

5. Die inspirasie vir die kunswerk is Wassily Kadinsky, die Russiese pionier van abstrakte moderne kuns. Petro wys.voorbeelde van kunswerke wat haar leerlinge gemaak het. Onder andere het leerlinge ‘n abstrakte waterverfskildery met inspirasie van Kadinsky en Klee gemaak. Vervolgens kry lede die kans om elk ‘n eie kunswerk te skep deur te begin om 5 lyne, 3 sirkels, ‘n geometriese vorm, ‘n organiese vorm en ‘n simbool met pastelle op papier te trek. Dit word dan ingekleur met waterverf, en ook met die kleur veri peri. Almal geniet die praktiese klas terdeë.

Kunste en Hanvlyt-komtee: V.l.n.r. Adél du Plessis, Ilza Potgieter, Petro Boshoff (saamroeper), Amarie le Roux (voorsitter)

 

 

 

 

 

 Lede Tersia Pretorius en Martell Swart aan die verf

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Elsabé Lintvelt,’n gas, en lid Jenny Moore met hul voltooide kunswerke