Sirkel: Middelland
Tak: Aberdeen
Portefeulje: Opvoeding & Kultuur
Beriggewer: Christelle Nel
Datum: 9 Desember 2021

Aberdeen VLV het op Donderdag, 9 Desember, geskenkpakkies opgemaak vir die inwoners van Aalwynhof Ouetehuis. Lede het donasies gegee wat bestaan het uit allerhande lekkernye, ‘n handgeskrewe kaartjie – persoonlik aan elke inwoner gerig, ‘n prettige kersbeker, kersklapper en ‘n waslappie.
Nadat die bederfpakkies opgemaak is, is dit by Aalwynhof se bestuurder, Nico Kemp, afgelewer wat dit met ‘n baie dankbare hart ontvang het. Die verrassingspakkies sal op Kersdag aan elke inwoner uitgedeel word. Ons kan net in ons geestesoog die vreugde en blydskap sien wat elke bejaarde inwoner gaan ervaar om so ‘n lekker verrassing te ontvang.

Bederfboksies gevul met heerlike lekkernye

Prettige kersbeker, kersfeesklapper & waslappie

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

   Dames fluks aan die pak. Vlnr Christelle Nel, Adele de Jager, Maryke Lategan, Suzanne Lategan & Lea van der Vyver

Bestuurder van Aalwynhof, Nico Kemp neem die pakkies in ontvangs. Vlnr Lea van der Vyver, Magriet Haasbroek, Nico Kemp, Christelle Nel & Adele de Jager