Sirkel: Weskus
Tak: Piketberg
Portefeulje: Gesondheid
Beriggewer: Nicoline Brown
Datum: 21 Augustus 2021

Sirkelprojek: Ons gee om vir Gesondheidswerkers

Piketberg VLV reik uit na gesondheidswerkers in hierdie pandemie-tyd!
Hulle onbaatsugtige liefdeswerk met Covid-gevalle word raakgesien en waardeer!

Personeel by 2 dokters se spreekkamers, munisipale kliniek, plaaslike hospitaal, Huis AJLiebenberg-ouetehuis, Piketberg Apteek, tandarts, Piket Health, privaat ER-ambulansdiens en Clicks Apteek ontvang elkeen ‘n klein geskenkie van die VLV-lede.