Sirkel: Kalahari
Tak: Vryburg
Tema: Leefstyl & Opvoeding en Kultuur
Beriggewer: Nellie Viljoen
Datum: 11 Augustus 2021

Na vier maande kon Vryburg VLV eindelik mekaar weer in die oë kyk.

Eurika Byleveld en Cathy Wentzel

Cathy Wentzel demonstreer `n maklike mosselsop wat in die mikrogolf gemaak word. Sy deel haar geheime: verhit beet 8-10 min by 75% krag; verhit aartappels 15 min by 75%; verhit 250 ml rys en 500 ml water 15 min by 75% en laat 10 min rus.

Mosselsop
1 pakkie wituiesoppoeier
1 blikkie gerookte mossels, gedreineer
500 ml melk
250 ml room/water
Meng bestanddele en verhit 8-10 min in mikrogolf.

 

 

In Vrouemaand deel Esta Twigge inligting oor vroue wat rolle gedurende die Anglo-Boere oorlog gespeel het. Nonnie de la Rey het saam met haar man, Genl Koos de la Rey, en die boeremagte rondgeswerf. Na die oorlog het sy `n leidende rol gespeel in die stigting van SAVF, die oprigting van `n monument ter ere van vroue en kinders wat in Klerksdorp Konsentrasiekamp gesterf het en organiseer ‘n opmars na die Uniegebou om Jopie Fourie se lewe te begenadig. Emily Hobhouse besoek die konsentrasiekampe en gee terugvoer aan Britte oor haglike toestande. Sy samel geld in en begin met klasse in weef en kantmaak. Sy word herbegrawe in Bloemfontein – “Angel of love” soos mev Tibbie Steyn haar genoem het.

 

 

Petro Ollewagen verskaf inligting oor verskillende tegnieke vir verfwerk op materiaal.

As deel van Vrouemaand oorhandig die tak omgeepakkies aan drie vroue met kanker.

Uitstalling van Argilla Pottebakkersware