Sirkel: Kalahari

Tak: Kuruman

Portefeulje: Bestuur

Beriggewer: Hettie du Plessis-Krüger

Datum: 11 November 2020

Kuruman verkies nuwe bestuur

Voor vlnr: Arina Beukes (Vise-voorsitter), Marianne Vorster (Voorsitter), Sarina Malan (Sekretaris) en Bessie Kriek (Argivaris). Agter vlnr: Erika Sieberhagen (Opvoeding & Kultuur Saamroeper), Zelda Lombaard (Leefstyl Saamroeper), Petro Spangenberg (Kunste & Handvlyt Saamroeper), Janet West (Tesourier), Ansie Cilliers (Landbou & Tuinbou Saamroeper), Liza Burger (Openbare Sake Saamroeper), Alta Roets (Gesondheid Saamroeper) en Hettie du Plessis-Krüger (Mediaskakelbeampte).

Kuruman se VLV-tak het pas hul nuwe bestuur vir 2021 verkies en bekend gemaak. Die nuwe bestuur het op Donderdag 5 November 2020 hul eerste bestuursvergadering gehou. Alhoewel 2020 ‘n buitengewone jaar vir die tak was, hoop hul om in 2021 weer volstoom met hul beplande jaarprogram te kan aangaan. Arina Beukes sluit by die bestuur aan as Vise-voorsitter. Liza Burger beklee weer die posisie van Openbare Sake Saamroeper na ‘n kort breek daarvan. Hettie du Plessis-Krüger is ook terug in haar pos as Mediaskakelbeampte, na ‘n draai in Daniëlskuil, waar sy die Voorsitter van die VLV-tak was wat in 2019 op dié dorp gestig is. Al die ander bestuurslede bly onveranderd in hul ampte van 2020. Marianne Vorster bly aan as Voorsitter van Kuruman VLV-tak vir die sesde agtereenvolgende jaar!

Voorsitter Marianne Vorster tydens Kuruman VLV-tak se jaarafsluiting op Woensdag 11 November 2020.

Sy het die volgende brief aan lede van dié tak geskryf (effens verkort).

Ons het ‘n geweldige uitdaging voor ons:

Ons moet die kuns aanleer om positief te bly, te midde van die omstandighede.

Ons geloof in die Here en ons verhouding met hom moet verdiep in hierdie tyd.

Ons omgee-harte moet oortyd begin werk om raak te sien waar ons tot hulp kan wees.

Ons fokuspunt sal dringend moet wees om volwasse opleiding aan vroue te bied.

Elke vrou sal haar energie in haar huishouding en by die werk moet aanwend om positiwiteit aan te moedig en die grootste voorbeeld daarvan moet wees. Ons sal moet blom waar ons geplant is – soos nog nooit tevore!

Ons sal mekaar moet koester en ondersteun en die wêreld sal moet raaksien watter belangrike rol die vrou in elke fasset van die lewe speel – vertrou maar die oordeel van die vrou, maak staat op haar deursettingsvermoë en laat jou fyn aanvoeling jou lei in alles wat jy doen.

Ons sal moet bid sonder ophou!

Ek sien uit om hierdie volgende jaar saam met julle ons rol as vrou uit te leef na die beste van ons vermoeëns – in afhanklikheid van die Here vermag ons die onmoontlike!