Sirkel: SWD
Tak: Klein-Brakrivier
Portefeulje: Landbou- en Tuinbou
Beriggewer: Lydie Terblanche
Datum: 21 September 2020
VLV Kleinbrak deel van die “International Coastal Clean-up Day”
Rommel in oseane is een van die ernstigste besoedelingsprobleme wat ons planeet wurg. Veel meer as net hoe sleg dit lyk, is ‘n stygende gety van marine afval besig om mense se gesondheid, ons wild, seelewe, gemeenskappe en ekonomie wêreldwyd te bedreig.
Saterdag 19 September was dit “International Coastal Clean-up” dag.
‘n Noemenswaardige 98 persone het deelgeneem. Saam met die Grootbrak Bewaararea en ander vrywilligers, is van die VLV Kleinbrak-lede te voet na die Suiderkruis strand en met kano’s op die rivier uit om rommel en data te versamel. Hierna is die data georganiseer en geanaliseer deur die Bewaararea voordat dit weggestuur word vir publikasie deur die “International Ocean Conservancy”.
Vreemde items wat tydens die hierdie strand skoonmaak gevind is: brandblusser, rugbybal, gholfbal, klere en skoene, braai rooster, ‘n pleister en ‘n teesakkie!
Ria van Straten, Elrina van Zyl en Lydie Terblanche
Gesinne neem deel
Kano’s ingespan
Rommel word opgelaai
Helpers van Polyoak Packaging
Leave A Comment