Sirkel: Overberg

Tak: Bredasdorp

Studierigting: Leefstyl en Landbou en Tuinbou

Beriggewer: Letty-Ann Möller

Datum: 1 September 2020

 

Annette van Eeden, voorsitter, verwys tereg na haar passievolle bestuur wat weereens verkies is nadat Lorraine du Toit bevestig het dat geen ander nominasies ontvang is nie, Barbara Mandy verwys na Deuteronomium en die voortbring van nuwe lewe in die mens en natuur tydens lente. VLV Bredasdorp-tak betree met vrolike uitbundigheid hulle Lentedag-vergadering.

Na afloop van die uitdeel van blomruikertjies wat Carin Brink gemaak het, koekies wat Carene Cooper opgetof het en vrugte wat Preline Swart geskenk het, is alle lede toegerus om “saam te eet” terwyl die bestuur die ‘high tea’ vir die virtuele vergadering vir die lede verfilm het.

 

 

 

Letty-Ann Möller het gesels oor die versamelingswaarde van porselein:

“Not ALL china was made in CHINA!”

ARZBERG
Hierdie wit stel met die blou blommetjies is Arzberg. Arzberg porselein het in 1887 begin en is steeds baie gesog.  Helmut Sättler, porseleinekspert, maak die volgende stelling hieroor: “Arzberg isn’t just about selling porcelain. It’s about history, design and quality. Porcelain is not simply an everyday item for the dinner table – it’s an expression of style, indulgence and joy in setting a table.”

PARAGON
Albei pienk porseleinstelle is Paragon:
Daar is ‘n geskiedenis tussen die Paragon-naam en die “Royal Family”,wat die maatskappy ‘n koninklike waarborg van 1933 tot 1963 gegee het, maar Paragon word sedert 1992 nie meer vervaardig nie. Dit beteken Paragon raak onbekombaar en het daarom hoër versamelaarswaarde.

ROYAL ALBERT
Hierdie pers teestelletjie is gelukkig  Royal Albert ‘Made in England’:
‘n Interessante feit oor Royal Albert is, in Desember 2002 het die maatskappy hulle produksielyn na Indonesië verskuif. ‘n Wenk vir versamelaars: bly op die uitkyk vir die “Made in England”- stempel. Dit  is méér waardevol.

 

 

Lorraine du Toit het ‘n humoristiese voordrag gelewer en Annette van Eeden het almal se belangstelling geprikkel met haar video oor die stroop van roosmaryn in die Overberg. Annette noem dat hulle vir ‘n proeflopie 35 000 roosmarynplantjies op minder as ‘n halwe hektaar aangeplant het. Roosmaryn is lief vir water en son en kan elke twee maande ge-oes word.  Dit word dan gedroog en aan die teikenmark gelewer.