Sirkel: Overberg

Tak: Bredasdorp

Beriggewer: Letty-Ann Möller

Datum:  19 Junie 2020

 

Kuiergaste op Bredasdorp(sien foto) het aangebied om pakkies vir boervroue in die Karoo te gaan aflewer en die plaaslike VLV tak het in ‘n japtrap donasies en gewillige pakkers gekry om dit te laat realiseer.

Hierdie kommentare gee die gesindheid van VLV-lede deur…

“Sit asb jul ‘thinking caps’ op en help dink.

 

Behalwe as julle dalk wol in jul kaste het wat nooit gebruik is nie.  Al is dit net ‘n paar halwe bolle.   As jul dit vir ons skenk, kan die wat wil help brei, musse vir die mans en  serpe vir die vroue van  die Karoo brei vir volgende jaar.  Dan het ons amper ‘n jaar oor om dit te doen.

 

Dit het wel plek plek gereën in die Karoo.  Maar dit sal nog bàie jare neem voordat daardie boere op hul voete is.”

 

“… een van my vriendinne wie landswyd markte doen met geborduurde goedjes, gaan vir ons ‘n klomp maskers maak vir hulle, en sy gaan ook ‘n karton vol van haar produkte vir ons bring vir die Karoo boerevroue projek…”

 

Landbougemeenskappe weet van swaar tye en help deurlopend waar daar nood is.

 

Vlnr: Carene Cooper,Carin Brink en Elize Robbertze.

 

Elize Robbertze en Carin Brink besig met pakkies opmaak.

 

Pakkies is gereed vir oplaai.

 

Dualdt en Shane neem die pakkies deur Merweville toe om boervroue te bederf.