Sirkel:  Kaapstad

68ste Konferensie

Beriggewers:  Erna de Waal en Hettie Nel

Datum:  5 Maart 2020

 

Die 68ste Konferensie van Sirkel Kaapstad is deur Hottentots Holland Tak aangebied, met Mev. Charlotte Kriek, die Sirkelpresident as Voorsitter. Die Konferensie was goed bygewoon deur lede van die Sirkel asook die President van VLVK, Mev. Karien van Schalkwyk, die President van Paarl Sirkel, Mev. Marinda Rall en Mev. M.C. Kotzé, Finanslid van VLVK.

 

 

VLVK President, Mev. Karien van Schalkwyk dra haar besielende groeteboodskap oor.

 

 

 

 

 

Ons VLVK President, Mev. Karien van Schalkwyk het ‘n besielende groeteboodskap gebring. Ons slagspreuk “Belê in Vroue” kan net soos die vroue uit ons geskiedenis sterk en inspirerend wees deur op te tree as planmakers, omgeemense en ondersteunmense. Sy moedig ons aan om te “groei en te bloei waar jy is”.  Skud negatiwiteit af en as jy fouteer – leer daaruit en pas jou ondervinding toe in die toekoms.  Wees aanpasbaar want daarsonder is groei onmoontlik.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Suster Ronel Senekal het ‘n interessante praatjie gelewer oor die rehabilitasie ná kardiologiese chirurgie, met goeie wenke veral vir die versorger van die pasiënt. Dis veral belangrik vir ons vroue wat dikwels die versorger is.

 

 

 

 

Marlise Joubert het ons bekendgestel aan heuningbostee en die verbouing daarvan – ‘n produk wat alleenlik in Suid-Afrika verbou word.

 

 

 

 

Marlise Joubert, wat in die heuningbostee bedryf as navorser werksaam was, deel haar kennis van die bedryf met ons.  Nagenoeg 80% van die navorsers is vroue, hoewel hulle ook eers maar die manne moes oortuig dat hulle kán! Heuningbostee kom in die Noord- en Wes Kaap voor en staan ook bekend as blommetjiestee.  Dis ryk aan oksidante en word met goeie gevolg vir verslanking gedrink.  Diabete vind baie baat by hierdie tee. Ons weet nou baie meer van hierdie produk.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Alida du Preez, die kundige blommerangskikker, wat die oë laat rek het deur haar slim, kreatiewe en asemrowende “Speel met Loof” skeppings.

 

 

 

 

Demonstrasies vind altyd byval en hier was niemand teleurgestel nie.  Mev. Alida du Preez, lid van die Blommegilde, laat alles so maklik lyk.  Sy het drie asemrowende rangskikkings met net loof binne ‘n halfuur opgetower.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Leta du Preez het die 26 letters van die alfabet gebruik om ons in te lig oor al die “giftige” artikels vir die omgewing wat ons daagliks gebruik. Sy moedig ons aan om die korrekte manier van “groen lewe” toe te pas.

 

Mev. Charlotte Kriek, President van Sirkel Kaapstad, som die bedrywighede van die Sirkel op in haar jaarverslag.  Die hartseer nuus is dat Sirkel Kaapstad nou net uit drie Takke bestaan, aangesien twee Takke aan die einde van September 2019 ontbind het a.g.v. ouerwordende lede. Baie geluk aan Mev. Charlotte Kriek en Hottentots Holland Tak vir ‘n vreugdevolle en leersame Konferensie!

 

Mev. Van Schalkwyk ontvang ‘n “Dankie-sê mandjie” namens Kaapstad Sirkel van Erna de Waal.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Marian Walls en Ds. Sulette Brummer, wat die opening waargeneem het met ‘n opbeurende en opbouende boodskap, in ligte luim tydens die teepouse.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Suster Ronel Senekal wat die sluier gelig het oor die rehabilitasie en versorging van pasiënte wat kardiologiese chirurgie ondergaan het, saam met Irene Myburgh.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Strand Tak spog met die trofee vir die hoogste totaal in Kunste en Handvlyt, waarvoor daar hard gewerk is, ontvang deur Mariaan Herbert.

 

 

 

 

 

 

 

 

Hottentots Holland Tak is baie trots op hulle trofee, in ontvangs geneem deur Annie Potgieter, vir die Beste Artikel by Konferensie: Smokwerk – Sonrokkie vir ‘n kleuter, gemaak deur Elsa Rautenbach.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Sietie Barnard ontvang Rondebosch Tak se trofee vir Deursettingsvermoë – waarvan hulle baie het.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Mev. Rina Kotzé ontvang ‘n Spesiale Toekenning vir haar jarelange onbaatsugtige, kundige en professionele diens aan Kaapstad Sirkel en in besonder aan die VLVK.

 

Kompetisie artikels.