Sirkel: NOK

Tak: Dordrecht – NOK

Studierigting: Kunste & Handvlyt

Beriggewer: Antoinette van Pletzen

Datum: 19 Februarie  2020

 

Die maandelikse byeenkoms het by die Hoërskool plaasgevind en die gelukkige trekking is deur Elize Oosthuizen gewen. Reëlings i.v.m. die jaarlikse VLV NOK se Konferensie wat op Saterdag 14 Maart 2020 te Sterkstroom plaasvind, is gefinaliseer.  Anna van Niekerk het Hannelize Kruger bedank vir die beoordeling van die kompetisie-artikels en Lenie Fourie het ‘n geskenk aan haar oorhandig.

 

Die dag se program was Kunste & Handvlyt, en saamroeper  Lida Rossouw het vir  Marie Pretorius van Molteno, Konferensie beoordelaar,  genooi om wenke vir die Rangskikkings te kom deel. Die Rangskikking-tema vanjaar is “Van Glas & Satyn tot Ragfyn”, waar Glas = die Houer; Satyn = die Lap; Ragfyn = die Loof.

 

Wenke het die vlg ingesluit: Wees ordelik. Hou jou Rangskikkinggereedskap bymekaar in ‘n trommeltjie of kassie. Werk op ‘n skoon oppervlak wat met plastiek bedek is. Oase en die houer/s mag nie uitsteek nie. Pasop dat die water nie vuil word van die oase nie. Gekleurde water kan gebruik word om die blomkleur te komplimenteer. Plak bordjies/pierings bo-op glase vas met kleeflint. Sit dalk ‘n glas-skinkbord onder alles. Gebruik ‘n ligte kleur houer vir donker blomme; en donker kleur houer vir ligte kleur blomme. Om ROSE vars te hou, spuit met Sprite koeldrank. Brand Dahlias se onderste punte met ‘n vlam om vog binne te hou.

 

Begin met jou lynmateriaal. Bepaal watter is jou dominante blom, en komplimenteer dit dan met fyn blomme en loof. Die blomme moet verskillende lengtes wees. Donker blomme moet korter en dieper wees. Beskou jou rangskikking kort-kort op ‘n afstand.  Goeie blomme wat lank hou sluit in Rose en Lelies.

 

Daar is ook vir ‘n  Piekniekmandjie gevra. Die mandjie kan gespuitverf word. Tafeldoek & servette moet daarby pas. ‘n Posy blommetjies moet bygevoeg word, en glase kan met strikkies versier word.

 

Lenie Fourie (links) bedank Hannelize Kruger vir haar bydrae.

 

 

Marie se entoesiasme vir Blomme, is aansteeklik!

 

 Lida bedank Marie Pretorius (links) vir haar aanbieding