Sirkel:  Weskus

Tak:  VLV Porterville

Portefeulje:  Kunste en Handvlyt, Opvoeding en Kultuur

Beriggewer:  Louwna Hoving, [email protected]

Datum:  6 Februarie 2020

 

 

BELê IN VROUE MET MUSIEK EN AANRAKING VAN JOU MEDEMENS

 

Die vergadering word geopen met ‘n videoaanbieding van ‘n klein dogtertjie wat die storie vertel hoe Jona gevlug het vir sy opdrag.  Dit moet ‘n aansporing wees dat ons opdragte moet uitvoer as ons opdragte kry om ander met liefde te omvou.

 

 

 

Alisha en Elzaan Kotzé bied ‘n ontspanne musiekoggend met sang en instrumente aan.  Hulle bied weekliks ghitaar-, ukelele- en dromklasse in groepe of individue aan.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die vriendskapsmuntlegging is op ‘n skets van die vrou gedoen.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die Tak is bevoorreg om 2 erelede te hê wat hulle 70-jaar-lidmaatskapkentekens ontvang het.

 

Esther Smuts was ‘n baie aktiewe lid tot sy verhuis het na Riviersonderend om nader aan haar kinders te wees.  Sy het besondere skryftalent en het pragtig blomme rangskik.  Sy was ook vir baie jare die tak se voorsitter.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Tinkie van Zyl, ‘n oudonderwyseres, doen nog gereeld voorlesings by die vergadering en woon baie getrou al die vergaderings by.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

‘n Uitstalling van musiekinstrumente, ou plate en musiekboeke

 

 

 

 

 

 

Die verversingstafel het ook die musiektema uitgebeeld.  Die soutigheid was uitgepak met op ‘n G-sleutel met notelyn en het ook musieknote uitgebeeld.  Saam met dit is ‘n verskeidenheid van die vrugte voorgesit wat in die omgewing voorkom.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die Tak het drie nuwe lede bygekry, vlnr Mary-Ann van Schalkwyk (voorsitter), Alien Langenhoven, Elsa Jordaan, Kleintjie Liebenberg