Sirkel: Griekwaland-Wes

Tak: Daniëlskuil

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: Hettie Krüger

Datum: 17 Januarie 2020

 

Mikrogolf-appelkooskonfyt

 

Een van die lede, Liza Cloete (heel regs op die foto), het tydens die VLVK Daniëlskuil-tak se eerste byeenkoms vir 2020 ‘n maklike mikrogolf-appelkooskonfyt resep met die dames gedeel:

Jy neem 1kg appelkose, sny dit oop en  haal dit pitte uit. Dan gooi jy die appelkose in ‘n glasbak en sit dit vir 13 minute in die mikrogolfoond.

Na die 13 minute, haal jy dit uit, dan gooi jy 1 eetlepel botter en 1kg suiker by en meng alles saam.

Sit dit weer vir 13 minute in die mikrogolfoond, maar roer dit gedurig.

As daardie 13 minute verby is, het jy die pragtigste, deurskynende, blink appelkooskonfyt en dit smaak heerlik!

 

Dames wat die eerste byeenkoms in 2020 van VLVK Daniëlskuil-tak bygewoon het. Vlnr: Hettie Krüger (Voorsitter), Kim Bezuidenhout, Philippa Swart (Opvoeding & Kultuur-spreker), Carlene Stoffberg (Ondervoorsitter), Lizzy Cloete (Kunste & Handvlyt-spreker), Tharina van Staden (Tesourier) en Liza Cloete.