Sirkel: Weskus

Tak:  Leipoldtville

Berriggewer: Elsabe Carstens

Datum: 3 Desember 2019

 

Op die afsluiting van Leipoldtville Tak het die Lede besluit om nie weer geskenke uit te ruil nie, maar om ‘n geldjie bymekaar te maak en vir ons plaaslike skole te gee waar nodig.

 

Die keer was dit Langvlei Primêr se beurt.  Lisa van Zyl het die oulikste speelgoed en boekpryse vir die kinders aangekoop met die geld, aangesien die skool geen speelgoed het nie.

 

Lisa van Zyl, adjunkhoof van Langvlei Primêr, is een van ons jong Lede en is ook vanjaar vir die eerste keer ‘n Saamroeper.