Datum: 3 Desember 2019

 

 

Good afternoon VLV ladies

 

Do forgive me writing in English but my Afrikaans is not the greatest.

 

I would like to thank you from the bottom of my heart for the 3 boxes of goodies received from your organization ‘ Boks vir ‘n Boervrou ‘ today.

 

You gave my goose-bumps to think this was especially collected and then donated onto us. We couldn’t be more honoured and grateful to you all for this awesome gift of love.

 

Warmest regards

Sally-Anne van Niekerk

 

 

Desember 03, 2019

 

Liewe Omgee Vriendinne,

 

Nuwe vriendinne wat ons leer ken het deur omstandighede waar ons nie wil wees nie, maar julle is  ‘n geskenk van God.

 

Ek wil vir julle net BAIE DANKIE sê vir die Boks vir ‘n boervrou – ek weet nie wie die pakkies opgemaak het nie (weet dit is ‘n spanpogingsprojek landwyd) maar dankie aan my aardse engele – ek is so dankbaar vir my bokse.

 

Dankie, aan elke vrou wat betrokke is vir jul vrygewigheid.  Dankie, dat jul, jul beursies vir ons wat julle nie eens ken nie, oopgemaak het omdat jul na die stemmetjie van binne geluister het. Ons kan nie genoeg die Vader dank vir vrouens soos julle nie. Julle help dat ons gemoedere lig.

 

Dankie, dat julle saam met ons staan terwyl ons moedeloos raak.  Ek (ons) wil julle vra om vir ons voorbidding te doen vir ons huwelike.  Om ons mans by te staan in die ontsaglike droogte waar die gemoedere maar hoog loop , die onsekerheid oor grondonteiening en vir ons finansies. Ons vra ook voorbidding vir al die werklose mense wat moeilikheid maak op die plase en wat ons eienaars dreig ….. bid asb. vir ons veiligheid / diefstal & bose gedagtes van die vyand.

 

Ons bid dat JESUS SE bloed  ons grondgebied sal beskerm

 

Die Here dra ons in hierdie woestyn (ons weet nie vir hoe lank nog ons woestynpad moet stap nie) maar HY voorsien in ons daaglikse behoeftes – HY gee ons, ons daagliks manna en kwartels (en omgee mense soos julle).

 

Laat ek afsluit deur te sê:  mag ons Hemelse Vader elkeen van julle en jul huisgesinne seën en mag HY Suid-Afrika red en terugbring na Hom.

 

Geseënde Christusfees aan ieder en elk van julle.

 

Liefdegroete uit die Karoo

Sandra Piper

(DE RUST / WILLOWMORE omgewing)