Sirkel: NOK
Tak: Dordrecht
Studierigting: Gesondheid
Beriggewer: Antoinette van Pletzen
Datum: 14 November 2019
Die lede het 2019 afgesluit met ‘n Goedvoel-projek. Sonja Kruger is ‘n lid wat geruime tyd baie siek is, en op 14 November het die lede haar by haar plaashuis gaan besoek en bederf met eetgoed en ‘n pamperlang. Elke lid moes ‘n botteltjie naellak saambring en Sonja se naels is in vrolike bont kleure geverf! Sy het ‘n kits manikuur en pedikuur ontvang – kompleet met voete wat ook gewas en gevryf is.
Elkeen moes ‘n groot inlê-bottel versier, vul met iets lekker of handig, en saamneem om as geskenke uit te ruil.
Sonja se voete word bederf
Haar naels se bont eindproduk, met van die geskenkbottels in die voorgrond
Die pragtige koek wat deur Sonja se suster gebak is.
Leave A Comment