Sirkel: Tygerberg

Tak: Goodwood

Beriggewer: Alet Colyn

Datum: 19 November 2019

 

Ons tak het oudergewoonte weer van ons afsluiting ‘n feestelike geleentheid gemaak.  Na ‘n inspirerende Kersfeesboodskap en ‘n Somerkersfeessaamsing het ons prysuitdeling plaasgevind, waarna ons LEKKER saamgeëet en kuier het.

 

Die trofeewenners: Griet le Roux – masjienwerk; Wenda Preuss – gebak, gebottel en lekkers, mikrogolf en kookkuns; Dee Drummer – Landbou, Kunste en Handvlyt; Martie Beneke – hekelwerk; Tina Muller – breiwerk (vir die 20ste agtereenvolgende jaar); Karin Marais – Landbou en Joan le Roux – blomme (beginners). Wenda en Joan het die meeste inskrywings op konferensie gehad, Joan het die grootste totale punte gehad met Wenda in die 2de plek en Tina 3de.

 

2020 se bestuurslede – Bes van Zyl, Jo-Ann Gericke, Danela Smit, Charlotte Huysamer, Karin Marais, Dee Drummer, Mariëtta du Plessis, Magdaleen Joubert en Mara Binedell.  Voor: Alet Colyn, Wenda Preuss (voorsitter) en Connie Marais.

 

 

 

 

 

 

 

Een van die lekker kuiertafels.