Sirkel: Kalahari
Tak: Vryburg
Afsluiting
Beriggewer: Nellie Viljoen
Datum: 19 November 2019
VLV Vryburg het die jaar se werksaamhede afgesluit by Vryburg Klub Lapa.
Lede het die projek Bokse vir Boervroue ruim ondersteun en het sepies saamgebring vir al die bejaardes in tehuise in Vryburg en omgewing.
Lede is ook beloon vir hul harde werk deur die jaar. Trofeë word oorhandig aan Esta Twigge vir kookkuns, Nellie Viljoen vir handwerk; kuns, blomme beginners en meeste punte aan Carien van Niekerk; blomme gevorderd en Doris Linde trofee vir uitsonderlike prestasie aan Marietjie Steyn.
Die tak neem ook afskeid van Arine Bosch wat na Klerksdorp verhuis.
Esta Twigge
Carien van Niekerk
Lede van Vryburg
Marietjie en Eurika met sepies vir bejaardes
Leave A Comment