Sirkel: Tygerberg

Beriggewer: Ita van der Merwe

Dadtum: 22 November 2019

 

Sirkel Tygerberg het kospakkies bymekaar gemaak wat tydens hul afsluitingsfunksie op 16 November 2019 byeengebring is. Die pakkies is in oorleg met Alta du Toit-skool saamgestel. Dit het bestaan uit noodsaaklike nie-bederfbare voedsel  en toiletware. Elke tak het ‘n paar pakkies versamel en ons het die 72 pakkies op 22 November 2019 by die skool gaan aflaai.

 

Die personeel was baie dankbaar vir alles wat afgelewer is, juis omdat dit ‘n ernstige behoefte verlig. Die leerders neem dan so ’n pakkie saam wanneer hulle na hulle families gaan vir die skoolvakansie. Die leerders wat pakkies moes ontvang, kon al huis toe gegaan het, maar het nog by die skool gebly terwille van die pakkies!

 

Daar was ook klere en skooltruie wat deur lede geskenk is en dit sal deur “Alta Fashions” aan behoeftige leerders gegee word. Dit was ‘n voorreg om op die manier uit te reik hulle.

 

Die 72 pakkies wat deur die sirkel bymekaargesit is

 

Verteenwoordigers van 7 van die 8 takke in die sirkel. Links voor: Sirkelpresident Ita van der Merwe; Links agter: Vise-Sirkelpresident René Nel

 

Die besoekers word onthaal met koffie/ tee en koekies gebak deur van die leerders. Mnr Pieter Nel was die haan onder die henne.