Sirkel: Overberg

Tak: Kleinmond

Jaareindfunksie

Beriggewer: Hermien Van Zyl

Datum: 23 November 2019

 

“‘n Ervaring wat liggaam en gees gevoed het” is waarskynlik die beste beskrywing vir die jaareindontbyt wat die VLV-lede op Saterdag 23 November by die Moody Lagoon-restaurant op die wynlandgoed, Benguella Cove, geleë tussen Kleinmond en Hermanus, geniet het.

Sommer met die aankoms is lede begroet met kunswerke wat die asem weggeslaan het. Saam met die ongelooflike uitsig oor die Botriviervlei, was lede oral omring deur beelde en vorms wat almal se belangstelling gaande gehad het en hulle tonge los! Met wat dus meer soos ‘n uitstappie gevoel het, het van die lede ook van die landgoed se wyn en olyfolie geproe en die kunslokaal besoek.

 

Hier bekyk ‘n paar van die lede by hulle aankoms die treffende maskeragtige vorms by die ingang. V.l.n.r Harriet Visser, Annie Jooste, Cecile Jonkheid (voorsitter) Wynette Lambrechts, Louna Conradie, Gerda Harding, Susan Marais, Brenda Neethling, Lynette Loubser, Mireille Nel, Myra Barnard, Marianne de Wet, Essie Groenewald en Martie Duvenage.

 

 Die beelde van naby.

 

 

Die uitsig oor die Botriviervlei vanuit die eetsaal

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Annie Jooste en Daphné Loots bewonder van die kunswerke in die galery

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Heerlike ontbyt!!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 ‘n Kaasbord komplimenteer die landgoed se wyn.

 

 

 

 

 

Die mooi sithoekies oral werk goed vir groepfoto’s: Voor v.l.n.r. Marie la Grange, Hermien van Zyl, Annie Jooste, Lisbé Badenhorst, Philippa Marks en Louna Conradie. Agter staan Susan Marais, Essie Groenewald, Louise Conradie, Hendriette Cruywagen, Marianne de Wet en Harriet Visser.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Detail op die kersboom

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

By die kersboom: Gerda Harding, Harriet Visser, Susan Marais,Essie Groenewald, Anne Meershoek, Hermien van Zyl, Marianne de Wet en Martie Duvenage.

 

Proe die verskillende olyfolies.