Sirkel: Paarl

Tak: Wellington

Portefuelje: Leefstyl

Beriggewer: Karen Barnard

Datum: 14 November 2019

 

Wellington se dames is bederf deur IMBUKO Wines by hul jaarlikse afsluiting.

 

Ons tak het die jaar op ‘n besondere hoë noot afgesluit.

 

Dankies is gesê, lof is gegee aan bestuur wat so hard werk en gewerk het deur die jaar en daar is verder heerlik geproe aan olyfolie.

 

Jackie Loubsher het by ons kom kuier.  Jackie is deel van die Suid-Afrikaanse Olyfolie span wat ‘n paneel vorm wat olyfolies proe en evalueer.  Sy het gaan vroeër in die jaar aan ‘n kompetisie in Spanje deelgeneem.  Die SA span het sesde geїndig uit 13 spanne. Olyfolies word gesertifiseer dat dit suiwer edel olie(extra virgin) is.  Die evaluasie word deur ‘n paneel wat dit proe en evalueer asook chemiese analise in Wellington, gedoen. As die bottel die seël op het, beteken dit, dit is suiwer olie en voldoen aan vereistes.

 

Spanje is die grootste produsent van Olyfolie en Griekeland is die hoogste verbruiker van die olies.

 

Hoe proe ons die olie?

  • Reuksintuig: Tel die geure en aroma’s op. Neus die olie en dit moet vars, vrugtig en selfs kruie reuke optel.  As daar ‘n ou neut of galsterige reuk is, is die olie van swak gehalte.
  • Mond: Plaas bietjie olie in jou mond. Jou mond sal skoon wees as jy dit sluk, skoon nasmaak.  Die bitter of neut smaak is meer in Suid-Afrika omdat ons meer Italiaanse kultivars plant.  Olies kan 3 tipes smake hê- delikaat, medium en intens.  Hoe meer intens die smaak, hoe sterker die peper smaak.

 

Olyfolie is wonderlik om saam met kos en in kos gebruik te word.  Dit het geen preserveermiddels in nie en moet nie verouder word nie.  Hoe varsser die olie, hoe beter.

Olyfolie se grootste vyand is lig en suurstof en dis waarom dit in donker bottels geplaas word.  Berg die olie op ‘n koel, donker en droë plek.  Gebruik so gou as moontlik.  Die kleur van die olie is nie ‘n indikasie van hoe vars of goed die olie is nie.

 

Heerlike geselskap saam met bederfies van IMBUKO het die oggend verder ingekleur.