Sirkel: Weskus

Tak: Vredenburg

Beriggewer:  Ann Meyer

Datum: 14 November 2019.

 

 

Dit was ons 90ste verjaardag wat ons gevier het. Ann Meyer het die verjaardagkoek gesny saam met Me. Estelle du Plessis.

 

Ons het ook die kinders van die Weskus skool in Saldanha gehad, wat vir ons die Rieldans kom doen het. Die stof het behoorlik opgeslaan soos hulle gedans het. Die kinders is in die Koshuis op Saldanha, dit is ‘n skool vir kinders wat nie in ‘n gewone skool kan funksioneer nie.

 

Rieldansers van Saldanha Weskus Skool.

 

Ann Meyer, Voorsitter van VLV Vredenburg saam met Me. Estelle du Plessis, President van Weskus en Vise-President van VLVK.