Aberdeen Ontvang Bokse vir Boervroue
Sirkel: Middelland
Tak: Aberdeen
Skenking Ontvang
Beriggewer: Lea van der Vyver
Datum: 20 November 2019
Daar is ‘n geskarrel en ‘n opwinding in Aberdeen se gemeenskap! Wellington VLV bederf lede van Aberdeen Boerevereeniging se vroue met “Bokse vir Boervroue”.
Aberdeen VLV is verantwoordelik om die pakkies uit te deel. Dit is ‘n gewerskaf om die pakkies te vervoer vanaf SSK, die plaaslike koöperasie waar die bokse afgelaai is, na die Aberdeen Klub, waar die bokse verdeel word. Daar word besluit om nie ‘n dag te hou waar almal spesiaal dorp toe moet ry om hulle pakkies te ontvang nie, aangesien dit ekstra koste en tyd is, wat in die droogte skaars kommoditeite geword het. Elke pakkie is reeds gemerk en die VLV vroue werk deur die lys om te besluit wie watter pakkies gaan uitdeel.
Die gemeenskap reik uit na mekaar en mense kontak mekaar om hulle pakkies te kry. Almal is SO dankbaar en oorweldig deur die omgee van anonieme skenkers wat ons ook in die proses leer om op die mooi in die lewe te fokus en uit te reik na dié om ons.
Aberdeen se vroue sê dankie aan Wellington VLV en die hele Suid-Afrika wat so ywerig bokse pak en skenk om vir boervroue te stuur. Julle is instrumente in die hand van ons Hemelse Vader!
Laai bokse op
Dra bokse af
Soveel vreugde
Omring met bokse: Vlnr agter: Judith Dardis, Lea van der Vyver, Elna van Niekerk, Elise Steynberg
Vlnr voor: Luise de Jager en Heidi Lombard
Uitdeel begin
Leave A Comment