Sirkel: Namakwaland

Tak: Nieuwoudtville

Portefeulje: Kunste & Handvlyt

Beriggewer: Erika Kotzé

Datum: 7 November 2019

 

Nieuwoudtville VLV se Leefstyl portefeulje het op 7 November 2019 om 14h30 by die kerksaal ‘n byeenkoms aangebied waar die verskille tussen GLAS en KRISTAL asook tussen PORSELEIN en FINE- of BONE CHINA verduidelik is.

 

Heidi van Niekerk verduidelik die verskil tussen glas en kristal. Kristal is swaarder en bevat loodoksied, is duur en breek maklik. Sy verduidelik ook die verskil tussen porselein, fine china en bone china.

 

Porselein is in China ontgin in 620; eerste cowling, word teen ‘n hoë temperatuur gebak. Porselein is dikker en kan goed bysit om dit goedkoper te maak.

 

Bone China bevat 25%-30% bone ash en word twee keer gebak.

 

Fine China bevat geen ‘bone-ash’ en word teen ‘n baie hoër temperatuur gebak as porselein. Jy gooi altyd eers melk dan tee in fine China om te voorkom dat die koppie kraak.

 

China het die porseleinwêreld oorgeneem tot in 1700 toe Engeland en Duitsland ook cowling begin ontgin het. Vanaf 2015 word Royal Albert in Indonesië gemaak.

 

Noritake is deur twee Japanese begin.

 

 

Ina Janse van Rensburg is ‘n nuwe intrekker op Klawer en sy vertel vir ons meer van pêrels.

 

 

 

Ina Janse van Rensburg

 

Seewaterpêrels kom uit die see en is ‘n wilde pêrel en baie skaars. Swartpêrels kom in Frans-Indonesië voor; 99% van die pêrels word gekweek. Seepêrels groei in ‘n oester; slegs een groei in ‘n skulp. Varswaterpêrels kan tot twintig in een skulp groei. As die pêrel nie koud of gewig aan het nie, is dit ‘n ‘fake’. As die pêrel val en ‘chip’ is dit ook ‘n ‘fake’. Groei 6-14 jaar, meer lae hou beter. Seewaterpêrels se lae gaan los van mekaar as dit ouer raak. Varswaterpêrels nie. Suidsee pêrels is baie duur. Byt  pêrels om dit te toets, dit moet ‘girts’ onder jou tande maak. Skulppêrels word fyn gemaal en pêrels van gemaak. Kleur van pêrels word gemanipuleer deur voeding. Gebruik Johsons baba sjampoe om pêrels skoon te maak. Spoel af en droog af en laat oop lê om goed droog te raak.

 

Ina het juwele saamgebring wat die lede kon koop en hulle kon ook hulle stukkende stringe pêrels gebring het sodat sy dit weer kan herstel.

 

 

 

 

 

 

Anneleen Verster wys hoe om kersboompies van karton te maak en met goed wat jy in die huis het te versier. Sy wys ook engeltjies wat sy gemaak het van goedkoop net en ‘n roll on botteltjie se balletjie.

 

Kersfeesversierings

 

Mandie Kotze wys vir die lede hoe om ‘n kleibakkie van lugdroog klei te maak.

 

Die lootjie word getrek vir die Hekelkombers. Sandra Nel van Nieuwoudtville wen die kombers.

 

Dames van die dorp het ook boervrou bokse gepak en ons het dit Kliprand toe gestuur.

 

Tee en eetgoed is in die mooiste “trio” koppies en kleinbordjies bedien.

 

Belangrike datums vir 2020:

Eerste vergadering vind plaas op 30 Januarie 2020

Valentynsdans 15 Februarie 2020

Konferensie 10 en 11 Maart 2020 by Strandfontein.