Sirkel: Griekwaland-Wes

Tak: Daniëlskuil

Portefeulje: Landbou & Tuinbou

Beriggewer: Hettie Krüger

Datum: 16 November 2019

 

VLVK Daniëlskuil maak ‘n verskil vir boervroue

 

Die nuwe VLVK Daniëlskuil-tak het op Vrydag 1 November 2019 hul eerste jaarafsluiting by die splinternuwe Royal Rabbit restaurant in Daniëlskuil gehou. Dié tak het die Bokse vir Boervroue-projek ondersteun en nege bederfpakkies is spesiaal deur lede na die tafel gebring vir boervroue in droogte-nood. ‘n Groep scrapbook-entoesiaste in Kuruman het op Saterdag 16 November 2019 ‘n verdere ses pakkies aan Hettie Krüger (Voorsitter van VLVK Daniëlskuil) oorhandig. VLVK Daniëlskuil kon dus ‘n verskil in vyftien boervroue se lewens maak met hierdie projek, wat deur VLVK Wellington begin is.

VLVK Daniëlskuil beoog ook om die Daisy Donkey for Drought-projek te ondersteun deur donkies te hekel, brei en van kleedstof te maak, sodat dit by Nampo verkoop kan word. Die fondse van dié projek gaan aangewend word om voer vir boere in nood aan te koop.

 

Lede van die VLVK Daniëlskuil-tak met die Bokse vir Boervroue in die voorgrond. Vlnr: Liza Cloete (nuwe lid), Carlene Stoffberg (Ondervoorsitter en Leefstyl Saamroeper), Gerda Fourie (Landbou & Tuinbou Saamroeper), Vanessa Marx (nuwe lid), Adri van Niekerk (nuwe lid), Tharina van Staden (Tesourier en Opvoeding & Kultuur Saamroeper) en Hettie Krüger (Voorsitter).

 

 

Die scrapbook-groep van Kuruman wat ook die Bokse vir Boervroue-projek ondersteun het. Voor vlnr: Ivy Lourens, Azell Swanepoel, Marinda Stander, Kay Strydom en Hettie Krüger (Voorsitter van VLVK Daniëlskuil). Agter vlnr: Lizbé Kruger, Anet Swart (aanbieder), Ita Honiball en Lee-Ann Lamprecht.

 

Nuwe lede verwelkom

 

Die VLVK Daniëlskuil-tak het ook op Vrydag 1 November 2019 drie nuwe lede verwelkom. Adri van Niekerk en Liza Cloete het voor die ontbinding van die VLVK Daniëlskuil-tak in 2003, ook aan dié tak behoort, terwyl Vanessa Marx ‘n nuwe intrekker in Daniëlskuil is. Hier steek Voorsitter Hettie Krüger vir hulle elkeen ‘n VLVK kenteken aan.

 

Adri woon op ‘n plaas buite Daniëlskuil. Haar stokperdjies sluit naaldwerk, hekel, brei en verskeie handvlyt-tegnieke in.

 

Liza hou van naaldwerk, blommerangskikking, tuinmaak, kuns en verf-projekte.

 

 

Vanessa is lief vir bak, hekel en tuinmaak. Sy is baie opgewonde om deel van die nuwe VLVK-tak te kan wees.