Sirkel:  Weskus

Tak:  VLV Porterville

Portefeulje:  90-jarige-verjaarsdagviering

Beriggewer:  Louwna Hoving, [email protected]

Datum:  12 November 2019

 

 

90-JARIGE-VERJAARSDAGVIERING

 

Die tema van die oggend was:  Skatkis vol juwele en dit is uitgebeeld deur Belia Lourens, bekende sangeres wat as spreker en gaskunstenaar opgetree het.

 

Belia Lourens

 

Sy haal haar skatkisjuwele van herinnering van haar geliefdes uit en deel dit met ons en sing na elke herinnering ‘n pragtige lied.

 

  • Ma-juweel – Robyn: Met haar afsterwe het sy aan elke hand ‘n robynring gehad. Sy bly haar robyn in haar hart.

Sing:  WISHING YOU WERE SOMEHOW HERE AGAIN (uit Phantom of the Opera)

 

  • Pa-juweel – Saffier: Hy was ‘n nederige visserman en het sy hart vir die Here gegee toe ‘n sterk wind oor die see opkom en sy enjins moeilikheid gegee het.  Hy het veilig teruggekeer.  Sy sien nog steeds die wind in sy hare en die diep blou van sy oë.

Sing:  SIMFONIE VAN DIE SEE

 

  • Kinder–juwele – Pêrels: Beide haar dogters, hul gades en drie kleinkinders woon in Doha, Qatar.  Hulle uitvoerproduk is pêrels.  Sy dra die onthou-juwele aan haar lyf.

Sing:  SHALOM ALEICHEM

 

  • Vriende-juwele is almal teenwoordig by die 90-jarige-feesviering.

Sing:  KENNISLIED

 

 

 

  • Klipjuwele – seermaak juwele: Dit beskadig die ander juwele en is nie juwele nie.  Gooi dit dadelik uit.

Sing:   COME WHAT MAY

 

  • Talent–juwele en Unieke–juwele: Soos verskillende juweelstukkies is ons almal uniek met verskillende talente.  Dit is nooit te laat om iets nuut te probeer nie.  Deel dit wat vir jou kosbaar is  met mekaar.

 

  • Diamant-juwele: Haar man is haar diamant, haar steunpilaar vir jare al.

Sing:  ALL ALONG THE WAY

 

  • God se juweel is jy! Jy is die Kroon van die Skepping!  God se Skepping is so groot, die natuur so oneindig mooi.  God het gesê hy het ons meer as dit alles gemaak.

Sing:  KROON VAN DIE SKEPPING

 

Maak vir jou halssnoere van vriendskap en liefde om in jou gryse ouderdom ‘n skatkis vol herinnering te hê.  ‘n Geseënde Kersfees en vrede op aarde word almal toegewens.

 

 

 

Sing:  MIDDERNAG met KERSFEES

 

 

 

Die Tak word vereer met die teenwoordigheid van spesiale eregaste wat die verjaarsdagkoek gesny het.

 

Erika Lubbe (voormalige VLVK-president en tans VLVK-argivaris), Louwna Hoving (voormalige Sirkelpresident Weskus), Mary-Ann van Schalkwyk (Takvoorsitter), Estelle du Plessis (VLVK-visepresident en Sirkelpresident Weskus) en Rosa Lategan (voormalige Sirkelpresident Weskus)

 

Die Sirkelbestuur en eregaste teenwoordig:

Staande:  Louwna Hoving (voormalige Sirkelpresident), Rosa Lategan (voormalige Sirkelpresident), Marié Grobbelaar (Vise Sirkelpresident en saamroeper Opvoeding en Kultuur), Dinette Lochner (Sirkeltesourier), Elsabé Carstens (Sirkelsekretaris), Nicoline Brown (Saamroeper Openbare Sake), Maggie Enever (Saamroeper Landbou en Tuinbou)

Sittende:  Mary-Ann van Schalkwyk (Takvoorsitter en Sirkelsaamroeper Gesondheid), Erika Lubbe (voormalige VLVK-president en VLVK-argivaris), Estelle du Plessis (VLVK-visepresident en Sirkelpresident Weskus). Twee oudvoorsitters van die Tak, Ena Cruywagen en Marinda du Plessis was ook teenwoordig, maar nie op foto.

 

Die Takbestuur vir 2020 word bekendgemaak:

Erna la Cock (Leefstyl), Marietha Swanepoel (Hulpsekretaris), Ray Wilton (Opvoeding en Kultuur), Martel Fourie (Gesondheid), Louwna Hoving (Sekretaris/ Tesourier), Mary-Ann van Schalkwyk (Voorsitter), Lariska Verster (Landbou en Tuinbou), Lydia Liebenberg (Visevoorsitter), Joey Koen (Kunste en Handvlyt), Leonie Prinsloo (Open-bare Sake)

 

 

Sirkel- en VLVK-trofeë word deur Estelle du Plessis (Sirkelpresident) oorhandig aan:  Mary-Ann van Schalkwyk:  Sirkeltoekenning vir Die Beste Stuurman.   Sy was die eerste waardige wenner omdat sy die VLV positief vorentoe stuur, René Louw-trofee:  10 uit 10 Tak vir positiewe energie, Dirkse van Schalkwyk-trofee vir Fotografie (1ste), Rina Kotzé-trofee vir Volgehoue Takprestasie (tweede jaar agtereenvolgens), Anneke Smuts:  Louwna Hoving-trofee vir meeste punte in Kunste en Handvlyt by konferensie).

 

Kongrestrofeë in absentia toegeken aan Willemien Burger wat intussen verhuis het:  Marianne Brink-trofee vir Woordkuns, asook Annatjie Oosthuizenskild vir die mees uitstaande artikel in Kunste en Handvlyt by VLVK-kongres.

 

 

 

Taktrofee is deur Rosa Lategan (voormalige Sirkelpresident) oorhandig aan: Zabetha Albertyn (mikrogolf), Lydia Liebenberg (handwerk), Lariska Verster (fotografie), Anneke Smuts (handvlyt/blomme), Erna la Cock (gebak, preservering en meeste punte).  Afwesig: Kokkie Albertyn (lekkers/plaasprodukte)

 

 

Die keurig gedekte tafel tydens viering.